Uit­spraak oor wa­pens: SAPD wil ap­pel­leer

Beeld - - Nuus -

Die Suid-A­fri­kaan­se Po­li­sie­diens (SAPD) het gis­ter aan­soek ge­doen om ver­lof tot ap­pèl teen die hoog­ge­regs­hof in P­re­to­ria se uit­spraak oor die her­nu­wing van vuur­wa­pen­li­sen­sies.

Die SAPD sê in ’n ver­kla­ring hy het reeds do­ku­men­te by die kon­sti­tu­si­o­ne­le hof in­ge­dien om teen die uit­spraak te ap­pel­leer. Dit be­te­ken dus dat die hoog­ge­regs­hof se uit­spraak, dat ar­ti­kels 24 en 28 van die Wet op Vuur­wa­pen­be­heer on­grond­wet­lik is, op­ge­skort word.

Dit sal op­ge­skort bly tot­dat die kon­sti­tu­si­o­ne­le hof daar­oor be­slis het.

Vol­gens brig. Vishnu Nai­doo, po­li­sie­woord­voer­der, be­te­ken dit die sta­tus quo met be­trek­king tot die na­ko­ming van die Wet op Vuur­wa­pen­be­heer word ge­hand­haaf. Vuur­wa­pe­n­ei­e­naars met gel­di­ge vuur­wa­pen­li­sen­sies sal dit dus steeds be­tyds moet her­nu.

In die hoog­ge­regs­hof­uit­spraak vroe­ër van­dees­maand is die par­le­ment 18 maan­de tyd ge­gee om die be­trok­ke ar­ti­kels in die wet te wy­sig so­dat dit aan grond­wet­li­ke be­gin­sels vol­doen.

Lui­dens die ver­kla­ring sal nie­mand ver­volg word wat vry­wil­lig sy vuur­wa­pen in­han­dig om­dat die li­sen­sie daar­van ver­val het nie.

Die SAPD het on­der­neem om dié wa­pens vei­lig te be­waar. – E­li­se Tem­pel­hoff

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.