Kom­mer oor ry­be­wy­se in Pta

Beeld - - Nuus - Sim­vuy­e­le Ma­ge­za

Die Au­to­mo­biel As­so­si­a­sie (AA) is be­sorg oor ’n ag­ter­stand met die her­nu­wing van ry­be­wy­se in P­re­to­ria ná ’n reeks in­bra­ke by li­sen­sie­sen­trums waar­in on­der meer re­ke­naars ge­steel is.

Die sen­trum in Walt­loo kan nie ry­be­wy­se uit­reik nie om­dat re­ke­naars ge­steel is.

Sol­ly M­si­man­ga, bur­ge­mees­ter van Tshwa­ne, meen die in­bra­ke is doel­be­wus­te sa­bo­ta­sie. Hy het van­dees­week die A­ka­sia-sen­trum be­soek en aan klan­te ge­sê die me­tro­raad is be­wus van die pro­ble­me en doen al die moont­li­ke om dit reg te stel.

Die AA sê mo­to­ris­te moet ont­hou hul­le mag hul ry­be­wy­se by e­ni­ge sen­trum in Gau­teng her­nu. Mo­to­ris­te kan pro­beer uit­vind by wat­ter sen­trums hul­le vin­nig ge­help kan word.

Mo­to­ris­te moet be­wus wees van die ver­val­da­tum van hul ry­be­wys en dit be­tyds laat her­nu. Men­se mag voor­af ’n oog­toets by ’n pri­va­te oog­kun­di­ge laat doen.

Die AA sê die pro­ble­me is ’n ge­leent­heid vir die me­tro om sy diens te ver­be­ter met an­der op­sies vir her­nu­wing van ry­be­wy­se.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.