Kits­bank­ro­wers wond dap­per vei­lig­heids­wag in Drie Ri­vie­re

Beeld - - Nuus -

’n 34-ja­ri­ge vei­lig­heids­wag word in die Me­di­cli­nic Ve­ree­ni­ging be­han­del na­dat twee ro­wers hom gis­ter om­streeks 03:30 by ’n kits­bank in Drie Ri­vie­re in die bors, maag en reg­ter­bo­been ge­skiet het.

Kapt. Fi­ki­le Fun­da, woord­voer­der van die po­li­sie in Se­di­beng, sê die wag van die vei­lig­heid s maat­skap­py Fi­de­li­ty AD Tis dank­sy’ n koe­ël­vas­te baad­jie nie erns­tig be­seer nie.

Sy naam word om vei­lig­heids­re­des nie be­kend ge­maak nie.

Fun­da sê hy het die ge­bied ge­pa­trol­leer toe ’n a­larm by die FNB-kits­bank in die S­hop­ri­te­sen­trum in Um­ta­ta­straat af­ge­gaan het. Hy het hom daar­heen ge­haas en hom in twee ge­wa­pen­de ro­wers vas­ge­loop.

Die po­li­sie het vas­ge­stel die ro­wers het ’n gat in die kits­bank ge­boor en met kon­tant en die wag se vuur­wa­pen ge­vlug.

Wil­lem Bo­tha, Fi­de­li­ty ADT se tak­be­stuur­der, sê die maat­skap­py is baie dank­baar dat die wag dié ge­vaar­li­ke voor­val oor­leef het. “Hy was baie dap­per en ons hoop hy her­stel gou.”

Nie­mand is nog in ver­band met die voor­val in heg­te­nis ge­neem nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.