Ab­sa­vrou wou glo geld steel

Beeld - - Nuus - Ma­rie­tie Louw­Car­stens

’n Werk­ne­mer van Ab­sa op Bur­gers­fort in Lim­po­po is aan be­drog skul­dig be­vind na­dat sy glo be­plan het om geld van kli­ën­te te steel.

Jen­ni­fer Va­ne­sia De­vil­le (54) het Dins­dag skul­dig ge­pleit op ’n aan­klag van be­drog in die land­dros­hof op Bur­gers­fort.

Kapt. Ma­tim­ba Ma­lu­le­ke, Val­ke-woord­voer­der, sê De­vil­le en ’n kol­le­ga is op 10 Ju­lie in die Ab­sa-tak op Bur­gers­fort in heg­te­nis ge­neem.

Die Val­ke het in­lig­ting ge­kry dat die twee vroue be­plan het om ver­vals­te do­ku­men­te te ge­bruik om ’n bank­re­ke­ning te skep waar­in hul­le geld sou in­be­taal wat hul­le uit kli­ën­te se bank­re­ke­nin­ge ont­trek het.

Ma­lu­le­ke sê die Val­ke het op die twee vroue toe­ge­slaan voor­dat hul­le e­ni­ge geld kon steel.

De­vil­le het vir die on­der­soek­be­amp­te ge­sê sy is skul­dig. Sy is ’n boe­te van R10 000 of ’n jaar ge­van­ge­nis­straf op­ge­lê. Sy is boon­op ’n ver­de­re boe­te van R7 000 op­ge­lê wat in ge­heel vir vyf jaar op­ge­skort is. Ma­lu­le­ke sê die saak teen die kol­le­ga is te­rug­ge­trek weens ’n ge­brek aan be­wy­se.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.