O­lie­soe­ker se tjank af­ge­trap

Beeld - - Nuus - E­li­se Tem­pel­hoff

Die o­lie-en-gas­maat­skap­py Sun­gu Sun­gu het al sy po­gings laat vaar om op land in Suid-A­fri­ka o­lie en gas te soek en sal hom nou toe­spits op die see­ge­bied aan die Wes­kus.

T­ha­bang K­ho­mo, uit­voe­ren­de hoof, het gis­ter ge­sê Sun­gu Sun­gu het hom ont­trek aan K­waZu­lu-Na­tal en aan die Vry­staat om­dat die plaas­li­ke ge­meen­skap­pe hef­tig teen sy plan­ne ge­kant is.

“Ons het reeds R4 mil­joen be­stee aan o­pen­ba­re de­bat­te en ver­ga­de­rings om met die ge­meen­skap­pe oor­leg te pleeg. Die teen­stand het net hef­ti­ger ge­word.

“Dus wyk ons nou uit na die see, waar daar geen ge­meen­skap­pe is wat ge­raad­pleeg moet word nie.”

K­ho­mo sê Sun­gu Sun­gu het van­dees­week ’n brief aan die Pe­tro­le­uma­gent­skap van Suid-A­fri­ka (Pa­sa) ge­skryf dat hy hom amp­te­lik ont­trek aan die soek­tog na gas en o­lie op so­wat 600 000 ha in die Vry­staat en K­waZu­lu-Na­tal deur mid­del van die “kon­ven­si­o­ne­le wy­se”.

Sun­gu Sun­gu het hom on­langs reeds aan die groot­ste deel van die ge­bied ont­trek.

Sy jong­ste ont­trek­king was aan so­wat 7 000 ha land­bou­grond, waar­op ver­skeie vleie voor­kom.

Ju­dy Bell, om­ge­wings­kun­di­ge van die ko­a­li­sie FrackF­ree South A­fri­ca, sê ge­meen­skap­pe in die noor­de van K­waZu­lu-Na­tal het kort te­vo­re ver­neem dat Sun­gu Sun­gu die reg­te ont­vang het om op vier pla­se (7 000 ha) in die om­ge­wing van Dann­hau­ser na o­lie en gas te soek.

“’n Dag of wat la­ter kry ons toe die bood­skap dat Sun­gu Sun­gu hom aan die ge­bied ont­trek. Ons is ver­heug, maar nie ge­rus nie.

“Ons wa­ter­bron­ne en ons land­bou­grond is van on­skat­ba­re waar­de en kan nie op­ge­of­fer word nie.”

Vol­gens K­ho­mo kon Sun­gu Sun­gu nie daar­in slaag om die ge­meen­skaps­le­de te oor­tuig dat hy nie hi­dro­bre­king in ge­dag­te het nie.

“Die me­to­de wat ons sou volg, is nie ska­de­lik vir die om­ge­wing nie,” sê hy.

Pa­sa het glo reeds aan Sun­gu Sun­gu die eks­plo­ra­sie­reg­te langs ’n deel van die Wes­kus ge­gee.

K­ho­mo sê die maat­skap­py is nou in die pro­ses om na o­lie en gas aan dié kus­lyn te soek en gaan bin­ne­kort be­gin om drie­di­men­si­o­ne­le fo­to’s van die see­bo­dem te neem.

Bell sê FrackF­ree South A­fri­ca is ’n ko­a­li­sie van so­wat 2 000 or­ga­ni­sa­sies.

Hul­le veg tans ook teen R­hi­no Oil and Gas, wat in die pro­ses is om aan­soek te doen om gas en o­lie op 2,8 mi­loen ha in die ge­bied te soek.

Die grond waar­op Sun­gu Sun­gu sy vi­sier ge­had het, oor­vleu­el glo met dié van R­hi­no Oil and Gas.

P­hil­lip S­teyn van R­hi­no Oil and Gas het gis­ter geen na­vrae be­ant­woord nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.