Wat het so erg skeef­ge­loop? C­lin­ton wroeg in me­moir oor sek­sis­me, Rus­sie­se aan­slag

Beeld - - Nuus -

Hil­la­ry C­lin­ton werk aan ’n me­moir van haar mis­luk­te po­ging om ver­le­de jaar se A­me­ri­kaan­se ver­kie­sing te wen.

Die ti­tel, W­hat Hap­pe­ned, is meer ’n stel­ling as ’n vraag, sê haar uit­ge­wer.

Die boek word op 12 Sep­tem­ber uit­ge­reik.

Vol­gens die uit­ge­wer, Si­mon & S­chus­ter, ver­wys C­lin­ton in haar boek na voor­val­le van sek­sis­me teen­oor haar as die eer­ste vrou­e­pre­si­dents­kan­di­daat vir ’n groot A­me­ri­kaan­se par­ty en na “’n on­ge­ken­de aan­slag op ons de­mo­kra­sie deur ’n vreem­de te­ë­stan­der”.

In­ter­ne e-pos­bood­skap­pe van per­so­neel­le­de wat be­trok­ke was by C­lin­ton se veld­tog en dié wat by die De­mo­kra­tie­se Par­ty se hoof­kan­toor ge­werk het, is ge­steel en ver­le­de jaar aan­lyn ge­pu­bli­seer.

A­me­ri­kaan­se in­tel­li­gen­sie­a­gent­skap­pe het vroe­ër ge­sê Rus­sie­se in­tel­li­gen­sie­a­gent­skap­pe het die e-pos­bood­skap­pe ge­steel as deel van pres. Wla­di­mir Poe­tin van Rus­land se po­gings om C­lin­ton se kans te fnuik om pre­si­dent te word.

Poe­tin ont­ken die be­we­rings en Do­nald Trump, wat toe tot pre­si­dent ver­kies is, sê hy twy­fel of die in­tel­li­gen­sie­a­gent­skap­pe, waar­oor hy toe­sig hou, daar­by be­trok­ke sou wees.

C­lin­ton het Don­der­dag ge­twiet: “Om W­hat Hap­pe­ned te skryf, was moei­lik, so ook dit wat ons el­ke dag sien. Soos wat ons vo­ren­toe be­weeg en te­rug­veg, hoop ek dit help.”

C­lin­ton het in die meer as 25 jaar wat sy in die o­pen­ba­re oog is in­ten­sie­we me­dia-aan­dag ge­kry en aan­val­le deur po­li­tie­ke teen­stan­ders ge­trot­seer se­dert haar man, Bill, in 1992 tot pre­si­dent ver­kies is. Hy het twee ter­my­ne ge­dien.

“In die ver­le­de het ek, om re­des wat ek pro­beer ver­dui­de­lik het, ge­reeld ge­voel dat ek in die C­lin­ton sê die pro­ses om die boek te skryf was nie mak­lik nie, maar dit sal ver­dui­de­lik wat skeef­ge­loop het in haar po­ging om die VSA se eer­ste vrou­e­pre­si­dent te word.

o­pen­baar ver­sig­tig moes wees, as­of ek op ’n draad son­der vang­net sit,” skryf C­lin­ton in die boek se in­lei­ding.

“Ek is nou nie meer op my hoe­de nie.”

On­danks groot ver­wag­tin­ge dat C­lin­ton die ver­kie­sing in No­vem­ber ver­le­de jaar sou wen, het sy slegs 227 kies­kol­le­ge­stem­me ge­wen teen­oor Trump se 304. Sy het wel die mees­te stem­me ge­kry, so­wat 2,9 mil­joen meer as Trump.

Se­dert­dien, en ter­wyl sy aan die boek ge­werk het, het sy net ’n hand­jie­vol o­pen­ba­re op­tre­des by­ge­woon.

In A­pril op die Wê­reld­be­raad vir Vroue in New York het C­lin­ton ge­sê sy is nie van plan om haar weer as pre­si­dents­kan­di­daat ver­kies­baar te stel nie en dat sy aan ’n boek werk wat deels gaan wys wat haar plan­ne om die VSA se eer­ste vrou­e­pre­si­dent te word in die wie­le ge­ry het.

Hil­la­ry C­lin­ton

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.