Op­po­si­sie veg voort in Ve­ne­zu­e­la

Beeld - - Nuus -

Die A­me­ri­kaan­se re­ge­ring het Don­der­dag op­drag ge­gee dat fa­mi­lie­le­de van sy am­bas­sa­de­per­so­neel in Ve­ne­zu­e­la on­mid­del­lik die land moet ver­laat.

Die per­so­neel kan ook die land ver­laat as hul­le wil.

Die po­li­tie­ke kri­sis in Ve­ne­zu­e­la is be­sig om te ver­diep in aan­loop tot ’n om­stre­de ver­kie­sing wat som­mi­ge men­se meen ’n be­drei­ging vir de­mo­kra­sie in die land kan wees.

Ge­weld in die stra­te kom ge­reeld voor. Vyf men­se is dood in die jong­ste be­to­gings deur die op­po­si­sie teen pres. Ni­colás Ma­du­ro se be­plan­de ver­kie­sing mô­re.

Co­lom­bia se lug­diens, A­vi­an­ca, het Don­der­dag al­le vlug­te na Ve­ne­zu­e­la op­ge­skort weens be­dryfs- en vei­lig­heids­oor­we­gings.

Ma­du­ro se kri­ti­ci hou die druk vol en be­plan Vry­dag pad­ver­sper­rings oor die land heen in wat hul­le “Die oor­neem van Ve­ne­zu­e­la” noem.

“Ons gaan aan­hou ba­klei, ons gaan nie uit die stra­te pad­gee nie,” sê Jor­ge Mil­lan, par­le­ments­lid van die op­po­si­sie.

Die re­ge­ring het ’n ver­bod op be­to­gings ge­plaas wat tot nog ge­weld kan lei. Baie in­wo­ners ver­kies om tuis te bly en het kos­voor­raad be­gin berg.

Pres. Do­nald Trump van die VSA het vroe­ër met e­ko­no­mie­se sank­sies ge­dreig as die ver­kie­sing voort­gaan.

Min­stens 108 men­se is reeds se­dert A­pril in be­to­gings teen die re­ge­ring dood.

Fo­to: REU­TERS

Die po­li­sie het traan­rook ge­bruik in ’n be­to­ging Don­der­dag teen pres. Ni­colás Ma­du­ro van Ve­ne­zu­e­la se re­ge­ring.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.