C­har­lie: ‘Ons prag­ti­ge seun­tjie is weg’

Beeld - - Nuus - Reu­ters

Die 11 maan­de oue C­har­lie Gard, wie se ou­ers ver­geefs ’n B­rit­se hof pro­beer oor­tuig het om hom huis toe te neem so­dat hy daar kan sterf, is gis­ter in die hos­pi­taal dood.

Hy sou op 4 Au­gus­tus sy eer­ste ver­jaar­dag ge­vier het.

be­rig die uit­ge­rek­te hof­stryd tus­sen C­har­lie se ou­ers en die G­re­at Or­mond S­treet-hos­pi­taal, waar hy be­han­del is, het sim­pa­tie by on­der an­de­re pres. Do­nald Trump van die VSA en die pous aan­ge­wak­ker.

“Ons prag­ti­ge seun­tjie is weg; ons is so trots op jou, C­har­lie,” het Con­nie Ya­tes, sy ma, aan Dai­ly Mail ge­sê.

Die hos­pi­taal wou nie da­de­lik op me­di­a­be­rig­te oor C­har­lie se dood kom­men­taar le­wer nie, maar ’n woord­voer­der vir die fa­mi­lie het dit vol­gens die plaas­li­ke me­dia be­ves­tig.

Reg­ter Ni­cho­las Fran­cis het Don­der­dag be­slis dit is nie in C­har­lie se bes­te be­lang om kuns­ma­tig aan die le­we ge­hou te word nie en dat hy na ’n hos­pies oor­ge­plaas word en die ven­ti­la­tor­buis wat hom aan die le­we hou, ver­wy­der word.

Die uit­ge­rek­te saak het ’n wê­reld­wye de­bat ont­ke­ten oor wie die mo­re­le reg het om die lot van ’n siek kind te be­paal.

Ya­tes en die ba­ba se pa, Chris Gard, het aan­vank­lik ge­vra dat C­har­lie ’n om­stre­de be­han­de­ling in die VSA on­der­gaan wat nog nooit op ie­mand met sy toe­stand pro­beer is nie, maar dok­ters meen dit sou net sy ly­ding on­no­dig uit­ge­rek het.

C­har­lie het aan ’n mi­to­chon­drie­se toe­stand ge­ly wat die lig­gaam se sel­le aan­tas en wat pro­ble­me met sy hart, le­wer, nie­re, a­sem­ha­ling, sig en ge­hoor ver­oor­saak het. Me­di­ci ver­moed hy is net die 16de per­soon ter wê­reld wat daar­mee ge­bo­re is.

Na­dat Con­nie en Chris on­wil­lig aan­vaar het dat daar nie hoop vir C­har­lie is nie, wou hul­le hom huis toe neem om daar te sterf.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.