Gra­ce daag Mu­ga­be: ‘Sê wie jou gaan op­volg’

Beeld - - Nuus -

Gra­ce Mu­ga­be, pre­si­dents­vrou van Zim­bab­we, het haar man ge­daag om aan te kon­dig wie hom gaan op­volg in ’n po­ging om ’n ein­de te maak aan die skeu­rings in die re­ge­ren­de par­ty, Za­nu-PF.

Daar is groot on­se­ker­heid in die par­ty oor wie ná Ro­bert Mu­ga­be aan die stuur gaan staan.

Vol­gens Zim­bab­we se staats­uit­saai­er hou Mu­ga­be vol Za­nuPF en nie hy nie sal, wan­neer die tyd reg is, sy op­vol­ger aan­wys. Op 93 jaar is hy A­fri­ka se oud­ste lei­er.

Gra­ce het op ’n ver­ga­de­ring van Za­nu-PF se vrou­e­li­ga in Ha­ra­re haar man weer­spreek en ge­sê dis tyd dat hy ’n op­vol­ger be­noem.

Sy het glo ge­sê dit is hoe dit in an­der lan­de ge­doen word en dat dit par­ty­le­de die kans sal gee om hul steun aan een per­soon te gee.

Fo­to: REU­TERS

Pres. Ro­bert Mu­ga­be en sy vrou, Gra­ce.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.