Ol­lies ge­skiet ná po­li­sie­lid sterf

Beeld - - Nuus -

Nóg twee o­li­fan­te is in Zim­bab­we dood­ge­skiet na­dat hul­le ’n po­li­sie­be­amp­te in die oos­te van die land dood­ge­trap het, sê na­tuur­be­waar­ders.

Die skiet van dié o­li­fan­te – wat Maan­dag deur die staat se o­wer­heid oor wild­le­we ge­mag­tig is na­dat die die­re as pro­bleem­die­re ge­klas­si­fi­seer is – kom na­dat ’n o­li­fant by die Vic­to­ria-wa­ter­val ver­le­de week dood­ge­maak is na­dat die dier sy han­teer­der dood­ge­maak het.

Die twee half­mak o­li­fan­te, Ja­ne en C­ha­tun­ga, was in die Ce­cil Kop-na­tuur­re­ser­vaat in die grens­stad Mu­ta­re.

Hul­le het die aand van 18 Ju­lie uit die park deur ’n deel van die ge­ë­lek­tri­fi­seer­de hei­ning ge­kom waar­mee oor­grens­smok­ke­laars glo ge­peu­ter het.

Konst. P­rin­ce Dam­be en sy twee kol­le­gas het van hul kam­peer­plek in ver­skil­len­de rig­tings ge­vlug na­dat die twee o­li­fan­te bui­te hul tent ge­staan het.

Die po­li­sie­be­amp­tes het hul wa­pens in hul tent ge­los.

Lui­dens ’n ver­kla­ring het die o­li­fan­te nie die po­li­sie­be­amp­tes ge­volg nie, maar Dam­be is la­ter aan­ge­val toe hy deur die bos na die kamp wou te­rug­keer.

“On­ge­luk­kig het hy reg­uit in die twee o­li­fan­te vas­ge­hard­loop wat van die teen­oor­ge­stel­de rig­ting ge­kom het. Te­kens op die to­neel dui aan al­bei o­li­fan­te het konst. Dam­be aan­ge­val en dood­ge­maak.”

Mi­ke Hitsch­mann, wat in be­heer van die po­li­sie by Ce­cil Kop is, sê: “Die dood van die po­li­sie­be­amp­te kon voor­kom ge­wees het. Hul­le kon mak­lik die o­li­fan­te weg­ge­jaag het deur waar­sku­wing­sko­te af te vuur.”

Hy be­stem­pel Dam­be, ’n man in sy mid­del 20’s wat on­langs ge­trou het, se dood as “’n groot tra­ge­die”.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.