Maak bes­te van die le­we, on­danks Gup­tas, Zu­mas

Be­lê in jou vriend­skap­pe en in jou fa­mi­lie. Hul­le maak die le­we nou die moei­te werd.

Beeld - - By -

Daar is so­veel din­ge in ons ou land­jie wat die vreug­de uit die le­we neem. ’n Mens kan kwaad raak en baie goed kwyt­raak en selfs dalk ’n skop na die hond mik. Maar is dit die moei­te werd om swart­gal­lig deur die le­we te gaan?

Ek sê nie dat ons soos ’n vol­struis kop in die sand moet druk en maak as­of niks ver­keerd is nie. Ek dink net ons moet aan­gaan met ons le­we en die bes­te daar­van maak.

Ons sê graag: Een­dag gaan ek dit of dat doen. Een­dag kom dalk nooit, want daar is al­tyd iets wat maak dat ons nie kan doen wat ons wil nie.

Een daar­van is die dood. Een van my vrien­de wat on­langs af­ge­tree het, is skie­lik oor­le­de en daar het niks van sy af­tree­plan­ne ge­kom nie. Hart­seer.

Dalk sê jy om goed te doen, kos geld en daar­van het ons nie al­mal ewe veel nie. Toe ek ’n kind was, het hul­le ge­sê: Om arm te wees is nie ’n skan­de nie, dit is net on­ge­rief­lik. Tog is daar baie din­ge wat jy kan doen son­der veel geld.

Nu­we vrien­de kos nie geld nie en hul­le ver­ryk jou le­we. Se­dert ons op Ree­bok af­ge­tree het, het ons by ’n By­bel­stu­die kring in­ge­ska­kel en won­der­li­ke nu­we vrien­de ont­moet wat van o­ral oor Suid-A­fri­ka heen daar af­ge­tree het. Men­se uit ver­skil­len­de be­roe­pe. Men­se met won­der­li­ke nu­we le­wens­ver­ha­le. Dit is die nu­we vrien­de wat die spe­se­rye vir die le­we is en dit smaak gee.

Ge­leent­he­de met fa­mi­lie is net so kos­baar. Een van die re­des waar­om ons Ree­bok toe ge­trek het, is dat ek ’n sus­ter het wat in Har­ten­bos woon. Sy is 15 jaar ou­er as ek en oor die ja­re heen het ons me­kaar een of twee keer per jaar ge­sien. Nou kan ons el­ke week min­stens twee keer by­me­kaar­kom en ’n hond uit ’n bos kui­er.

Ons klein­kin­ders en hul ma­ne­wa­les is te lek­ker. Niks in die land kan ou­pa wees be­derf nie.

Nou kui­er ons vir drie we­ke in Duits­land by ons oud­ste seun en sy vrou. Ons be­proef al die heer­li­ke Duit­se bie­re en gaan ook Suid-Ti­rool be­soek. Hier­die saam­wees met kin­ders is ’n voor­reg. Jy weet nie hoe lank jy nog die ge­leent­heid gaan hê nie.

Tyd saam met jou le­wens­maat is ’n won­der­li­ke er­va­ring. Saam stap ons be­dags in die Swart­woud en be­leef die won­der van die bo­me en klein blom­me­tjies.

Jou ge­sond­heid is nie iets waar­op jy al­tyd kan re­ken nie. Siek­te kom so skie­lik. Ver­le­de jaar het ek een og­gend dui­se­lig en naar wak­ker ge­word. Die dok­ter het ver­ti­go ge­di­ag­no­seer en dit was ’n treu­ri­ge be­sig­heid om mee saam te leef. Ge­luk­kig gaan dit nou goed.

Die Gup­tas en die Zu­mas gaan al­tyd daar wees om die le­we te ver­suur. Te mid­de van dit al­les, moe­nie uit­stel om te doen wat jy een­dag wil nie. Be­lê in jou vriend­skap­pe en in jou fa­mi­lie. Hul­le maak die le­we nou die moei­te werd. Hul­le deel in jou wel en wee.

Car­pe diem. Gryp die dag.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.