Je­sus vra niks min­der van ons as al­les nie

Beeld - - By - S­te­phan Jou­bert

“Wan­ted: Young skin­ny, wi­ry fel­lows not o­ver 18. Must be ex­pert ri­ders, wil­ling to risk de­ath dai­ly. Orp­hans pre­fer­red.”

So het ’n ad­ver­ten­sie blyk­baar ge­lui vir die Po­ny Ex­press Trail in 1860 wat pos per perd tus­sen St. Jo­seph, Mis­sou­ri, en Sa­cra­men­to, Ka­li­for­nië, ver­voer het. Die ei­e­naars het ge­weet die roe­te van 2 900 km is ge­vaar­lik. Daar­om het hul­le meer ge­vra van hul rui­ters as net maar a­von­tuur­lus­tig­heid.

Tot van­dag toe vra al­le roep­stem­me wat die moei­te werd is om op ja te sê niks min­der as dit nie. Je­sus vra ook niks min­der van ons as ons­self nie. Hy weet dat as ons nie be­reid is om ons le­we vir Hom te gee nie, dan sal ons ook nie al ons tyd, e­ner­gie en krag­te gee nie. Hy weet dat niks of nie­mand waar­voor ons self nie be­reid is om ons le­we op te of­fer, op die lan­ge duur ons lo­ja­li­teit gaan be­hou nie. Daar­om roep Je­sus ons om ons kruis op te neem en heel­tyds ag­ter Hom aan te loop. Nee, Hy roep ons nie tot na-u­re­diens nie. Ook roep Hy ons nie as vry­wil­li­gers, soos wat som­mi­ge ker­ke doen, nie. Want Je­sus ken nie daar­die kerk­li­ke on­der­skei­ding tus­sen se­ke­re men­se wat heel­tyds vir Hom werk en an­der wat dit blyk­baar net deel­tyds of vry­wil­lig doen nie.

Dis óf heel­tyds óf niks. Dis of ons gan­se le­we of nie! Hy roep ons om ons i­den­ti­teit en ons le­we in Hom te vind.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.