Ek droom dat die ge­reg nog tan­de het

Beeld - - By - I­zak S­mal­man, Bai­lie­park

Daar gaan nie ’n dag ver­by son­der dat ek lees en ver­neem van die Gup­ta-broers se be­weer­de skelm­stre­ke nie. Ons skree al­mal ten he­me­le dat iets daar­aan ge­doen word, dat ge­noeg ge­noeg is, dog gaan die Gup­tas rus­tig en lus­tig voort met hul sa­ke­prak­ty­ke.

Die re­ge­ring raak be­wus van die druk wat op hom ge­plaas word om iets aan die Gup­tas te doen en in al­le waar­skyn­lik­heid gaan die Gup­tas aan­ge­sê word om voor ’n par­le­men­tê­re ko­mi­tee te ver­skyn om op vrae te ant­woord. Hoe­kom?

So ’n pro­ses gaan maan­de of selfs ’n jaar of meer in be­slag neem en is eint­lik net ’n ge­leent­heid vir die po­li­tie­ke par­tye om pun­te aan te te­ken. Die ant­woor­de wat die Gup­tas gaan gee, mag nie la­ter teen hul­le in ’n straf­ge­ding ge­bruik word nie. Dit is nie vreemd dat die Gup­tas nog­al daar­na uit­sien om in die par­le­ment te gaan draai nie. Daar voel hul­le tuis tus­sen vrien­de.

Die tyd is nou ryp om met ’n straf­reg­te­li­ke on­der­soek te be­gin, maar ek weet nie of ons die ka­pa­si­teit het om ’n on­der­soek van hier­die aard suk­ses­vol te doen nie. Die on­der­soek­span sal saam­ge­stel moet word uit kun­di­ge po­li­sie­be­amp­tes, re­ken­mees­ters, ou­di­teu­re, as­ook staats­aan­kla­ers en ad­vo­ka­te wat ken­nis het van han­del­s­mis­da­de, kor­rup­sie en ram­pok­ke­ry.

Wat ek hier­bo ge­noem het, is mak­li­ker ge­sê as ge­daan, want ons het ’n hoof van na­si­o­na­le ver­vol­ging soos S­haun A­bra­hams. Boon­op gaan dit moei­lik wees om te be­paal wie die kla­ers na­mens die staat gaan wees om die on­der­soek­pro­ses aan die gang te sit. Die ver­naam­ste en eer­ste stap is om op die ver­dag­tes te pas­poor­te be­slag te lê. Hul­le is be­slis ’n vlug­ri­si­ko.

As die on­der­soek uit­ein­de­lik suk­ses­vol af­ge­han­del is en die be­skul­dig­des voor die hof ver­skyn, gaan dit nie net die Gup­tas in die be­skul­dig­de­bank wees nie. Die lys is te lank om op te noem, maar die me­de­be­skul­dig­des sal be­staan uit mi­nis­ters, staats­amp­te­na­re en moont­lik die pre­si­dent. Ek mag mos droom dat die ge­reg nog tan­de het!

A­tul Gup­ta en Ja­cob Zu­ma

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.