Die be­ken­de te­noor is ’n ja­re lan­ge vriend van Mi­mi Coert­se en het dik­wels in die ver­le­de saam met haar ge­sing. Hy ver­tel van die staal­tjies oor haar.

‘As jy Mi­mi Coert­se is, is ek Gé Kor­sten’

Beeld - - By -

Grob­be­laar

Een van die won­der­lik­ste sto­ries wat sy al­tyd met lek­ker­kry ver­tel, is die dag toe sy vir spoed in Roo­de­poort af­ge­trek is.

Die ver­keers­man wou haar naam weet. Sy sê toe dat sy Mi­mi Coert­se is.

Hy het haar so ’n ruk­kie aan­ge­staar en toe sy don­ker bril af­ge­haal, so teen sy voor­tan­de met die bril ge­tik en ge­sê: “Da­me­tjie, as jy Mi­mi Coert­se is, is ek Gé Kor­sten.”

Sy haal toe haar i­den­ti­teits­do­ku­ment uit en gee dit vir hom met ’n “man, kyk self”.

Die man het net ’n knoop ge­los en ge­sê sy mag maar ry, maar tog net sta­di­ger as­se­blief.

■■ ■

’n Paar jaar ge­le­de was ek be­sig om vir ’n uit­voe­ring van die A­fri­kaan­se kuns­lied voor te be­rei.

On­ge­luk­kig het my be­ge­lei­er siek ge­word. Ek het ’n vrou ge­bruik wat op sterk aan­be­ve­ling ge­kom het.

Ons re­pe­ti­sie saam het uit­ste­kend ver­loop. Daar was ’n ding of twee waar­oor ek se­ker­heid by Mi­mi wou kry. Ons is in twee mo­tors na haar huis.

Al­les het goed ver­loop tot­dat Mi­mi haar voor­deur oop­ge­maak het.

Skie­lik was die vrou doods­bleek en het net ge­knik toe Mi­mi haar groet. Ons is na die mu­siek­ka­mer. Mi­mi het gaan sit ter­wyl ek stel­ling langs haar prag­ti­ge wit vleu­el­kla­vier in­ge­neem het.

Die klan­ke wat toe uit daar­die kla­vier kom, was ver­skrik­lik. Dit het ge­klink na ’n kleu­ter wat op die kla­vier speel.

Ge­skok draai ek om en sien toe dat haar han­de so be­we

Coert

dat sy glad nie ’n noot kan speel nie. Die vrou kyk toe na my en fluis­ter dat sy dink sy is nou klaar. Mi­mi wou toe op­sluit weet wat die da­me sê, waar­op ek haar in­lig dat sy baie se­nu­wee­ag­tig is en nie ver­der kan speel nie.

Mi­mi se re­ak­sie was net: “Ag, He­re tog, dan is dit nou maar tot daar­na­toe. Kom laat ek gaan tee maak.”

■■ ■

Mi­mi het blyk­baar hier­die uit­wer­king op men­se. ’n Baie be­ken­de joer­na­lis was saam met my na haar toe om ’n ar­ti­kel te doen oor haar 80ste ver­jaar­dag.

Die vrou was net so be­angs en stel toe aan Mi­mi dat sy wat Mi­mi is ’n “daun­ting” loop­baan ge­had het.

Mi­mi hoor eg­ter toe ver­keerd en ver­erg haar. Sy kyk die vrou in die oë en sê: “Wat be­doel jy met ‘don­sing? Jou gat, man!”

Ek het vin­nig die saak in die rei­ne ge­bring, maar dit was ook ’n vrou wat daar­na só ge­be­we het dat sy nie haar tee kon drink nie.

■■ ■

’n Be­ken­de ra­di­o­per­soon­lik­heid het my ver­tel van ’n ryk sa­ke­vrou wat des­tyds ge­meen het die SAUK-or­kes moet ont­bind word ter wil­le van kos­te­be­spa­ring.

Die saak het voor die des­tyd­se SAUK-raad ge­dien en ná ’n tee­pou­se sou hul­le tot stem­ming oor­gaan.

Mi­mi het glo die vrou net daar vas­ge­trap en mooi ver­tel waar Da­wid die wor­tels be­gra­we het. Die or­kes het nog ’n paar jaar ge­speel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.