Ons is bloed­fa­mi­lie A­fri­kaans word deur ’n meer­der­heid van bruin, swart en In­di­ër­moe­der­taal­spre­kers ge­praat. Dit be­te­ken heel een­vou­dig dat die A­fri­kaan­se kul­tuur veel gro­ter is as waar­aan so­veel har­de­kop­pe nog aan wil vas­klou, skryf

Beeld - - By -

Ena Jan­sen se ar­ti­kel in Rap­port van 23 Ju­lie heet “Ná al die ja­re, soos fa­mi­lie.” Dit kom van haar boek Soos fa­mi­lie: ste­de­li­ke huis­wer­kers in Suid-A­fri­kaan­se teks­te. Die Ne­der­land­se ver­ta­ling van die ti­tel is Bi­j­na fa­mi­lie.

Sy ver­tel van die bruin huis­wer­ker, An­tie An­na of Mei­sie soos hul­le haar ge­ken het.

Hul­le het haar op­ge­spoor waar sy op Dar­ling woon, nou 91 jaar oud. ’n Ti­pies roe­ren­de ver­haal oor ons Suid-A­fri­kaan­se kleur­gren­se wat so­veel ver­hul, so­veel on­ge­sê laat.

Ek won­der wat ’n mens van die ti­tels moet maak. Is hul­le nou fa­mi­lie of ná al die ja­re, net soos fa­mi­lie? Hoe soos? Soos wat? Soos ’n ken­te­ring, soos ’n na­der aan die fa­mi­lie of steeds op die af­stand?

Die Ne­der­land­se ver­ta­ling laat mens ook met dié soort vrae. Hoe­zo bi­j­na? Die Ne­der­land­se lied­jie praat van “we zi­jn er bi­j­na, we zi­jn er bi­j­na, maar noch niet he­le­maal”.

Die ver­haal van Ena en haar sus­ter laat die in­druk dat hul­le da­rem heel­wat na­der ge­kom het.

Die u­nie­ke po­si­sie van bruin men­se in Suid-A­fri­ka is na­tuur­lik dat, an­ders as e­ni­ge an­der groe­pe­ring in die land, is hul­le bloed­fa­mi­lie van al die groe­pe­rin­ge. Daar is so­veel wit bloed­fa­mi­lie.

Die ge­brek­ki­ge toe­pas­sing van ras­se­klas­si­fi­ka­sie het heel­wat try-for-whi­tes te mid­de van be­weer­de bloed­sui­wer­heid laat deur­glip. Om nie eens van die tal­le swart A­fri­can-fa­mi­lies te praat nie. Hier in Gau­teng en an­der noor­de­li­ke pro­vin­sies het die ver­skyn­sel van play-co­lou­reds ge­stal­te ge­kry. Dit is waar swart fa­mi­lies hul­le laat her­klas­si­fi­seer het as bruin.

Dan is die on­der­trou­e­ry tus­sen bruin en In­di­ër ook nie on­ge­woon nie. An­der on­der­trou­e­ry en lief­de oor kleur­gren­se het al­mal ge­lei tot ’n kul­tuur­tuis­te

Dan­ny Ti­tus.

bin­ne bruin ge­meen­skap­pe.

Bi­j­na fa­mi­lie? Niet he­le­maal. Eg­te fa­mi­lie, bloed­fa­mi­lie ten spy­te van kul­tuur­gren­se.

An­der Ne­der­land­se ver­ta­lings van pu­bli­ka­sies oor Suid-A­fri­kaan­se kon­teks­te het my ook al laat wenk­broue lig. Sol­da­te en see­lie­de van die Ver­e­nig­de OosIn­die­se Kom­pan­jie ver­wek kin­ders by in­heem­se vroue, om­skryf ’n Ne­der­land­se koe­rant die ten­toon­stel­ling Vê­r­lan­der, wat gaan oor ge­meng­de na­sa­te in Suid-A­fri­ka, Oos-Ti­mor en Aus­tra­lië. Hul­le word dan die “wees­kin­ders van die VOC” ge­noem.

Tog was my voor­sa­te nie wees­kin­ders nie. Hul­le va­ders het mis­kien die vroue en hul kin­ders al­leen ag­ter­ge­laat, maar wees was hul­le be­slis nie. Hul­le het waar­di­ge moe­ders ge­had wat na hul­le om­ge­sien het. Die skry­wer Bart de Graaff skryf oor die na­sa­te in die Noor­dKaap en Na­mi­bië met hul trot­se ge­meng­de i­den­ti­tei­te en hul lief­de vir hul taal, A­fri­kaans.

Die goue draad van A­fri­kaans wat deur Suid-A­fri­ka en Na­mi­bië loop word in De Graaff se Ne­der­land­se boek, Ik, Y­zer­bek met veel in­sig en om­sig­tig­heid uit­ge­wys.

Die A­fri­kaan­se ver­ta­ling het ’n paar draaie met die ti­tel ge­loop en ein­de­lik ge­land op Wa­re Men­se. ’n Mens wil by­na vra, wa­re men­se, ná al die tyd? Wa­re men­se, soos in fa­mi­lie?

Die 2011-sen­sus oor A­fri­kaan­se moe­der­taal­spre­kers wil net nie in­gang vind by die har­de­kwas­te en ou geld van die tra­di­si­o­ne­le A­fri­kaan­se me­dia nie.

Dit staan hel­der en dui­de­lik daar: A­fri­kaans word deur ’n meer­der­heid van bruin, swart en In­di­ër-moe­der­taal­spre­kers ge­praat. Dit be­te­ken heel een­vou­dig dat die A­fri­kaan­se kul­tuur veel gro­ter is as wat so­veel har­de­kop­pe nog aan wil vas­klou.

An­ders as die ver­wron­ge mis­tas­ting dat die ver­gro­ting, be­vor­de­ring en uit­brei­ding van A­fri­kaans ’n stap in die ver­keer­de rig­ting sou wees, keer A­fri­kaans en sy A­fri­kaan­se kul­tuur dood­ge­woon te­rug na die po­si­sie van die Vlaam­se Pru­dens Van Duy­se dat “de ta­el is gansch het volk”.

Die he­le volk en niks be­hal­we die he­le volk nie. Die he­le A­fri­kaan­se fa­mi­lie: bruin, swart, In­di­ër en wit.

Dr. Ti­tus is die ATKV se uit­voe­ren­de di­rek­teur: kul­tuur.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.