J.H.P. Ser­fon­tein is dood, lank le­we sy woor­de

Beeld - - By - Prof. Fro­ne­man is ver­bon­de aan die Noord­wes­U­ni­ver­si­teit.

Die dood van die be­faam­de joer­na­lis Hen­nie Ser­fon­tein het nie on­ge­merk ver­by­ge­gaan nie. Ver­skeie men­se het in die af­ge­lo­pe week hul­de aan hom ge­bring.

Hy was dalk die be­roemd­ste van al die knap A­fri­kaan­se joer­na­lis­te wat in die a­part­heids­ja­re weens hul po­li­tie­ke oor­tui­gings ’n tuis­te by die des­tyds ge­ha­te “En­gel­se pers” moes vind.

Dit het dié koe­ran­te se sir­ku­la­sie geen ska­de ge­doen om hul­le in hul re­dak­sie te hê nie.

Die des­tyd­se re­dak­teur van Sun­day Ti­mes, Joel Mer­vis, het droog op­ge­merk hoe meer hy die NP-re­ge­ring aan­val, hoe meer styg sy sir­ku­la­sie. Maar hoe meer A­fri­ka­ners sy blad lees, hoe gro­ter die NP se meer­der­he­de . . . Daar was geen dui­de­li­ke kor­re­la­sie tus­sen le­sers se lees- en stem­ge­woon­tes nie. Maar ie­wers is die saad­jies van ver­set tog ge­plant.

Hen­nie het as J.H.P. Ser­fon­tein vir Sun­day Ti­mes ge­skryf en het van 1965 tot 1976 me­ni­ge ont­hul­lings oor die des­tyd­se A­fri­ka­nerBroe­der­bond ge­maak. As jong le­ser van Sun­day Ti­mes het die ef­fe e­nig­ma­tie­se “J.H.P. Ser­fon­tein” bo­aan be­rig­te my en an­der A­fri­kaan­se le­sers ge­trek.

Hy is as ’n vy­and van die A­fri­ka­ner be­skou, wat na­tuur­lik on­waar was. Hy was wel ’n vy­and van a­part­heid en die be­ne­pe kul­tuur wat die Na­si­o­na­le Par­ty, die Broe­der­bond, A­fri­kaan­se ker­ke en al­ler­lei ver­wan­te or­ga­ni­sa­sies ge­skep en in stand ge­hou het.

La­ter het Hen­nie vir an­der pu­bli­ka­sies, waar­on­der Vrye Week­blad en Ne­der­land­se koe­ran­te, ge­skryf. Hy het ook do­ku­men­tê­re pro­gram­me vir TV ge­maak en ’n waar­de­ren­de ge­hoor ver bui­te ons lands­gren­se ge­had. Sy ont­hul­lings oor die Hert­zog-re­bel­lie van die laat 1960’s, vroeg 1970’s het ook neer­slag ge­vind in die boek Die ver­kramp­te aan­slag. Dit is van­dag nog ’n hoogs lees­ba­re boek wat die vreem­de on­der­stro­min­ge in die A­fri­ka­ner­po­li­tiek van des­tyds bloot­lê.

’n Fas­si­ne­ren­de hoof­stuk han­del by­voor­beeld oor die rol van A­fri­kaan­se koe­ran­te in die he­le stryd om die siel van die Na­si­o­na­le Par­ty. Ser­fon­tein het nie net die bin­ne­wer­kin­ge goed ver­staan nie, maar het nooit ’n te­kort aan goeie bron­ne ge­had nie.

En dan was hy as re­dak­sie­lid van Sun­day Ti­mes na­tuur­lik vry om die NP en kie ge­na­de­loos aan die kaak te stel. Joer­na­lis­te by A­fri­kaan­se koe­ran­te kon des­tyds nie waag om dit te doen nie.

Tyd­ge­no­te by En­gels­ta­li­ge koe­ran­te was Koos Vi­viers (re­dak­teur van on­der meer Ca­pe Ti­mes), Tos Went­zel (po­li­tie­ke be­rig­ge­wer van Ca­pe Ar­gus), Hans S­tri­j­dom (Sun­day T­ri­bu­ne en Sun­day Ti­mes), Mos­tert van S­choor (P­re­to­ria News) en tal­le an­der. En dan was daar wy­le Ter­ti­us My­burgh (Sun­day Ti­mes).

Oor laas­ge­noem­de moet ’n voet­noot by­ge­voeg word. John Ma­ti­sonn be­weer in sy boek God, S­pies and Lies dat My­burgh ’n stok­kie ge­steek het voor Hen­nie se ont­hul­lings oor die Broe­der­bond. En dat My­burgh noue ban­de met die in­tell­li­gen­sie­diens ge­had het. Ja­ni Al­lan, des­tyd­se ru­briek­skry­wer van Sun­day Ti­mes, en Ma­ti­sonn skryf al­bei o­pen­lik hier­oor. Nie al­le “ver­loop­te” A­fri­ka­ners was nood­wen­dig eens­ge­sind nie, hoe­wel ek nie son­der meer die klag­te teen die bril­jan­te, flam­bo­jan­te My­burgh on­der­steun nie. Lees maar self wat Ma­ti­sonn hier­oor skryf.

Te­rug by Ser­fon­tein. Ma­ti­sonn maak ver­skeie ver­wy­sings na hom in sy boek, waar­on­der ’n weer­ga­we van hoe Hen­nie (wat des­tyds ’n lei­er in die Na­si­o­na­le Jeug­bond was) in 1958 vir hoof­man Al­bert Lut­hu­li ge­nooi het om ’n stu­die­groep in P­re­to­ria te kom toe­spreek.

Pas na­dat Lut­hu­li, wat la­ter die No­bel­prys vir vre­de sou ont­vang, aan die woord ge­kom het, het ’n stuk of 30 mans in­ge­bars en die ver­ga­de­ring ge­weld­da­dig be­ëin­dig. Dit was die be­gin van die ein­de van Hen­nie se ver­bin­te­nis met A­fri­ka­ner-na­si­o­na­lis­me.

Fo­to: GOGGA PRODUCTIONS

Hen­nie Ser­fon­tein ter­wyl hy kor­re­spon­dent was van die Ne­der­land­se uit­saai­er IKON TV.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.