Jou droom om met jou duik­bril oor ’n ko­raal­rif van ’n tro­pie­se ei­land te swem, kan jy in die Sey­chel­le ver­we­sen­lik. Die tyd raak mis­kien net baie min hier­voor.

Beeld - - Lifestyle -

Ges­pe jou vas aan ’n val­skerm op die strand by die Ber­ja­ya Beau Val­lon Bay­ho­tel en laat ’n mo­tor­boot jou dan sleep in die baai. On­der jou is die tur­koois see met tro­pie­se bos op die ag­ter­grond.

Baie droom graag van ’n be­soek aan ’n tro­pie­se ei­land. My eie dro­me is klein­tyd ge­prik­kel met die Noor T­hor Hey­erdahl se Kon-Ti­ki-vaart in 1947.

T­hor kon met ’n vlot dryf tot by sy af­ge­leë ei­land in die S­til­le O­se­aan, maar van­dag moet jy ge­noeg geld spaar vir ’n vlug van vyf uur van Jo­han­nes­burg na Ma­hé, hoof­ei­land van die Sey­chel­le.

Hier, so­wat 1 600 km oos van Mom­ba­sa en die A­fri­ka-kus en noord­oos van Ma­da­gas­kar in die mid­del van die In­die­se O­se­aan, be­gin jou eie tro­pie­se ei­lan­d­a­von­tuur. S­koon­heid kan ver­lei­de­lik, maar soms ook mis­lei­dend wees. Stap jy deur we­li­ge plan­te­groei tot op een van die spier­wit stran­de van die Sey­chel­le se meer as 115 ei­lan­de en kyk oor die tur­koois see, is jy ge­luk­kig om dalk dol­fy­ne of ’n groot see­skil­pad te sien.

Eers as jy jou duik­bril en pad­da­voe­te neem en in die sa­li­ge lou­warm wa­ter on­der die op­per­vlak gaan ver­ken, sien jy die wa­re pa­ra­dys – ko­raal­riw­we of die oor­blyf­sels daar­van.

Kos­ba­re ko­raal

Lank ge­le­de het men­se by ei­lan­de soos die Co­mo­re, Sey­chel­le en Mau­ri­ti­us som­mer mak­lik ’n di­na­miet­kers in die wa­ter ge­gooi om gou ’n klomp dooie vis in die han­de te kry. Hier­die prak­tyk is ge­luk­kig al lank­al stop­ge­sit. Maar kyk wat ge­beur toe met 1998 se El Niño-toe­stan­de. Die see­wa­ter raak skie­lik so warm dat die In­die­se O­se­aan 50% tot 90% van sy ko­raal ver­loor het.

Ko­raal­riw­we is reus­ag­ti­ge le­wen­de or­ga­nis­mes. Aus­tra­lië se Groot Ko­raal­rif wat oor ’n leng­te van 2 300 km aan die Qu­eens­land-kus strek, het juis weer in Maart ’n mas­sie­we knou ge­kry toe die si­kloon Deb­bie dit teen 260 km per uur ge­tref het. Baie ko­raal het be­gin ver­bleik en vir die Aus­sies se toe­ris­me kan dit tot groot­skaal­se ver­lie­se lei. Met my be­soek aan die Sey­chel­le was ek be­perk tot Ma­hé. Dis hier waar ek wou gaan kyk hoe die ko­raal­riw­we ge­re­ha­bi­li­teer word en ook meer leer oor die ei­land­groep se na­tuur­le­we in die al­ge­meen.

Die Sey­chel­le steun sterk op sy toe­ris­me, maar is ge­na­dig­lik ge­kant teen mas­sa­toe­ris­me – iets waar­voor jy moet be­taal. Die e­ko­no­mie steun sterk op vis­vang en my be­soek het saam­ge­val met die eer­ste O­ce­an Fe­s­ti­val in Vic­to­ria. Om te sien

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.