Muis het punt om teen Leeus te be­wys

Beeld - - Sport - Mar­nus Kok Goue Leeus:

Hen­dré Mar­nitz, ’n ge­we­se af­rig­ter van die Blou Bul­le se Cur­rie­be­ker­span, sê hy sou baie graag saam met John Mit­chell, die Bul­le se nu­we Su­per­rug­by­af­rig­ter, wou ge­werk het.

“Daar is baie ver­an­der­li­kes in rug­by en ek is nie ie­mand wat te­rug­kyk nie,” het Mar­nitz ge­sê, wat reeds sy ge­wig by die G­went Dra­gons as ver­de­di­gings­af­rig­ter in­ge­gooi het na­dat hy in 2016 as die Bul­le se Cur­rie­be­ke­r­af­rig­ter ver­vang is.

“Dis is ’n on­ge­loof­li­ke ge­leent­heid. Dit is ’n lek­ker voor­uit­sig en ek kan nie wag om die nu­we uit­da­ging aan te pak nie, ver­al met die twee SuidA­fri­kaan­se span­ne (die C­hee­tahs en die Sout­hern Kings) wat by die Pro12­reeks aan­sluit.

“War­ren Gat­land (Wal­lis se hoof­af­rig­ter) werk nou saam met die Wal­lie­se span­ne en ek en hy was reeds per e­pos in ver­bin­ding,” het Mar­nitz ge­sê. – Co­bus Claas­sen

Son­ny Bill móét sy skor­sing uit­dien

Son­ny Bill Wil­li­ams sal die All Blacks se eer­ste toets in van­jaar se Rug­by­kam­pi­oen­skap mis­loop na­dat Wê­reld­rug­by be­son­der­he­de oor sy skor­sing van vier wed­stry­de op­ge­klaar het.

Die groot bin­ne­sen­ter is in die twee­de toets teen die B­rit­se en Ier­se Leeus in Wel­ling­ton vir ’n ge­vaar­li­ke duik­slag af­ge­stuur en vir vier wed­stry­de ge­skors.

Nieu­See­land Rug­by het voor­ge­stel om ’n voor­sei­soen­wed­stryd vir sy pro­vin­si­a­le span, Coun­ties Ma­nu­kau, en ’n in­ter­ne pro­vin­si­a­le proef­wed­stryd as die oor­bly­wen­de twee wed­stry­de van sy skor­sing te laat tel.

’n Tug­ko­mi­tee het be­vind die wed­stry­de is nie be­te­ke­nis­vol ge­noeg nie.

“Die tug­ko­mi­tee het be­sluit dat Wil­li­ams se skor­sing tot 19 Au­gus­tus sal duur,” sê Wê­reld­rug­by in ’n ver­kla­ring. Die All Blacks speel op 19 Au­gus­tus teen Aus­tra­lië. – Reu­ters

Se­wes­kaart­jies ver­koop blit­sig uit

Hy het nie ’n rol­mo­del op die rug­by­veld nie, “want ons is al­mal nou op die­self­de vlak”. So sê Chris­ti­aan Mey­er, 23-ja­ri­ge skrum­ska­kel van G­rie­kwas, op die voor­aand van die Cur­rie­be­ker-wed­stryd teen die Goue Leeus in Jo­han­nes­burg.

“Ek kyk nie op na ie­mand nie. Ons ding teen me­kaar mee,” sê Muis, soos sy span­maats hom noem.

Tog gee hy toe dat hy as skool­seun aan die Ho­ër­skool Dr. E.G. Jan­sen in Boks­burg aan die Oos-Rand die S­pring­bok­skrum­ska­kel Fran­cois Hou­gaard be­won­der het.

Mey­er het die Val­ke se o.18Cra­ven­week­span vir twee jaar (2011 en 2012) ver­teen­woor­dig. In die laas­te jaar was hy kap­tein.

Ná ma­triek het hy hom by die Goue Leeus aan­ge­sluit waar hy in 2014 en 2015 vir die o.21-span uit­ge­draf het.

“Ek het min speel­kans ge­kry en toe die ge­leent­heid kom om by G­rie­kwas te speel, het ek dit da­de­lik aan­ge­gryp,” sê hy.

Hy het in 2016 sy bui­ging vir die Pou­blou­es ge­maak en on­langs sy kon­trak ver­leng wat hom tot aan die ein­de van 2018 in Kim­ber­ley gaan laat speel.

Hy ding on­der an­de­re met Poe­rie van Rooy­en, wat as leen­spe­ler vir die Sout­hern Kings in die Su­per­rug­by-reeks uit­ge­draf het, om ’n plek mee. Die voor­ma­li­ge C­hee­tah Re­nier Bo­tha en die voor­ma­li­ge Puk Ti­aan DorDie is van G­rie­kwas se an­der skrum­ska­kels.

“Dié me­de­din­ging bring die bes­te in ’n mens na vo­re. Ek werk har­der om­dat ek moet uit­haal en wys,” sê Mey­er.

Hy sê hul­le was te­leur­ge­steld ná die ne­der­laag met 45-51 ver­le­de na­week teen die Blou Bul­le.

“Dit was klein din­ge­tjies wat ons ver­hoed het om te wen.”

Mey­er hoop hul­le kan van­dag weer op­win­den­de hard­loop­rug­by, soos vroe­ër van­dees­maand speel, toe hul­le die ein­ste Leeus in die kwart­eind van die Su­per- Sport-uit­daag­reeks ge­klop het.

Daar­die dag het die Pou­blou­es rus­tyd met 27-0 voor­ge­loop ná drie vin­ni­ge drieë wat die ge­volg van hard­loop­rug­by was.

“Ons hoop om weer op­win­den­de hard­loop­rug­by te speel. Om­dat hul­le baie ge­vaar­lik met die bal in die hand is, gaan ons moet se­ker maak ons staan nie be­sit af nie,” sê hy.

En wat doen Mey­er as hy nie rug­by speel nie?

“Ek is lief vir die­re en het so drie maan­de ge­le­de vir my ’n perd (S­hanghai) hier in Kim­berf­ling ley aan­ge­skaf wat op stal is.”

■ Ja­co van der Walt, Ma­dosh Tamb­we, Ja­c­ques Nel, Jar­ryd Sa­ge, An­tho­ny Vol­mink, S­haun Reynolds, Dil­lon S­mit, Ry­an Kan­kow­ski (k), Ro­bert Kru­ger, Ja­mes Ven­ter, Mar­vin O­rie, R­hyno Herb­st, Jus­tin Ac­ker­mann, Pie­ter Jan­sen, Sti Sit­ho­le. PLAASVERVANGERS: Mi­ke Wil­lem­se, Andrew Beer­win­kel, Bob­by de Wee, Ha­cji­vah Dayi­ma­ni, Brad­ley T­horn, Aphi­we Dy­an­tyi, S­tok­kies Ha­ne­kom.

E­ric Za­na, AJ Coert­zen (k), Ter­ti­us Kru­ger, C­lin­ton Swart, En­ver Brandt, Ge­or­ge W­hi­te­he­ad, Chris­ti­aan Mey­er, Jo­na­than Jan­se van Rens­burg, Si­as Koen, Wen­dal Wehr, Pie­ter Jan­se van Vuur­en, FP Pel­ser, E­wald van der West­hui­zen, Ma­ri­us Fou­rie, Li­am Hen­dricks. PLAASVERVANGERS: AJ le Roux, De­von Mar­ti­nus, M­z­wa­ne­le Zi­to, RJ Lie­ben­berg, Re­nier Bo­tha, E­de­ries A­rend­se, Johna­than Franc­ke.

Ja­de­z­we­ni C­wen­gi­le.

12:00 (SS 1 en M­Net).

Fo­to: GALLO IMAGES

G­rie­kwas se skrum­ska­kel Chris­ti­aan Mey­er ver­le­de week teen die Blou Bul­le in ak­sie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.