WP­span­keu­se ’n ba­lan­seer­toer­tjie teen Vry­staat

Beeld - - Sport - Stephen Nell Vry­staat­C­hee­tahs:

Kaart­jies vir al­bei dae van die Kaap­stad­se­westoer­nooi het gis­ter bin­ne twee ure uit­ver­koop.

Kaar­tjie­ver­ko­pe vir die ak­sie op 9 en 10 De­sem­ber het gis­ter om 09:00 ge­o­pen en al­les is kort voor 11:00 op­ge­raap.

Com­pu­tic­ket het hoë vo­lu­me ver­keer er­vaar en tal­le voor­ne­men­de ko­pers is ge­frus­treerd ge­laat.

Die Suid­A­fri­kaan­se Rug­by­u­nie (Sa­ru) ont­ken dat Com­pu­tic­ket se web­tuis­te “plat­ge­val” het.

Lui­dens ’n ver­kla­ring deur Sa­ru was die be­lang­stel­ling in kaart­jies vir dié toer­nooi on­ge­kend en het die ver­keer op Com­pu­tic­ket vo­ri­ge vlak­ke ver oor­skry.

Tal­le van die kaart­jies vir dié toer­nooi is voor­af aan kom­mer­si­ë­le ven­no­te en bor­ge toe­ge­ken, wat moont­lik la­ter weer aan die pu­bliek be­skik­baar ge­stel kan word.

Daar is steeds gas­vry­heids­paket­te vir die toer­nooi be­skik­baar.

– S­port­re­dak­sie Selfs son­der et­li­ke van sy voor­ste spe­lers gaan die We­s­te­li­ke Pro­vin­sie met self­ver­troue na Bloem­fon­tein op­ruk vir mô­re se Cur­rie­be­ker-rug­by­wed­stryd teen die Vry­staat-C­hee­tahs.

“Daar is goeie si­ner­gie tus­sen die span­ne wat in die Su­perS­port-uit­daag­reeks en in die Su­per­rug­by-reeks ge­speel het,” sê die S­treep­truie se kap­tein, Chris van Zyl.

“Ons het slegs ’n week saam deur­ge­bring, maar die ou­ens voel goed en daar was ’n goeie e­ner­gie in ons oe­fen­ses­sies. Na­tuur­lik sal daar soos met e­ni­ge nu­we span groei­py­ne wees.”

John Dob­son, die WP se af­rig­ter, het die ver­soe­king weer­staan om mees­te van die spe­lers te kies wat twee na­we­ke ge­le­de on­der hom die Su­perS­port-uit­daag­be­ker ge­wen het.

“Ek voel op ’n e­mo­si­o­ne­le vlak jam­mer vir die ou­ens in die Su­perS­port-span wat nie die span ge­haal het nie. Ons het eg­ter ’n ve­r­ant­woor­de­lik­heid teen­oor die WP om ons sterk­ste be­skik­ba­re span te kies,” sê hy.

“Dit sal ons ook baie help as ons vroeg in die reeks mo­men­tum kan kry. Dis die reg­te ding vir die WP.”

Soos ver­wag het Dob­son et­li­ke van die S­tor­mers tot sy be­skik­king nie ge­kies nie.

“Ryn­hardt El­stadt, Da­mi­an Wil­lem­se, JC Jan­se van Rens­burg, EW Vil­joen en Ni­zaam Carr val al­mal bin­ne die ka­te­go­rie van spe­lers wat die ge­vaar staan om be­se­rings op te doen as ons hul­le aan­hou­dend laat speel,” sê Dob­son.

Die se­ni­or skrum­ska­kels Ja­no Ver­maak en De­waldt Du­ve­na­ge is ook bui­te ak­sie – on­der­skei­de­lik weens siek­te en ’n be­se­ring.

Dob­son het die keu­se ge­had om vir Dil­lyn Leyds in sy ag­ter­ste drie­hoek te kies, maar hy word ook ’n blaas­kans ge­gun voor­dat hy waar­skyn­lik eers­daags in die S­pring­bok-groep vir die Rug­by­kam­pi­oen­skap sal wees.

Die heel­ag­ter SP Ma­rais is die e­nig­ste spe­ler in die be­gin­span wat ver­le­de na­week in die S­tor­mers se op­draf­span was vir hul Su­per­rug­by-kwart­eind­stryd teen die C­hiefs op Nu­we­land.

Selfs son­der Leyds en C­heslin Kol­be, wat hom by Tou­lou­se in Frank­ryk aan­sluit, het die WP in Ma­rais, B­jorn Bas­son en Se­a­be­lo Se­nat­la steeds ’n op­win­den­de ag­ter­ste drie­hoek.

WP se ge­kon­trak­teer­de S­pring­bok­ke (spe­lers soos Eben Et­ze­beth, Pie­ter-S­te­ph du Toit, Frans Mal­her­be, Siya Ko­li­si en Da­mi­an de Al­len­de) is nie be­skik­baar vir Cur­rie­be­ker-diens nie, ter­wyl die los­kop­stut Oli Keb­ble en sen­ter Ju­an de Jongh groe­ner wei­vel­de oor­see gaan soek.

Keb­ble sluit hom by die Glas­gow War­ri­ors in S­kot­land aan en De Jongh by Was­ps in En­ge­land.

■ Clay­ton Blom­me­tjies, Ro­sko S­pe­cman, Fran­cois Ven­ter (k), Wil­li­am S­mall­S­mith, Ma­ka­zo­le Ma­pim­pi, Niel Ma­rais, S­haun Ven­ter, U­zair Cas­siem, Ou­pa Mo­ho­je, Niell Jor­daan, Re­niel Hugo, Jus­tin Bas­son, Tom Bo­tha, Jo­seph D­we­ba, C­har­les Ma­rais. PLAASVERVANGERS: Ox N­che, Rei­nach Ven­ter, Ry­nier Ber­nar­do, Hen­co Ven­ter, Zee Mk­ha­be­la, Rayno Ben­ja­min, Mal­colm Ja­er.

SP Ma­rais, B­jorn Bas­son, Mi­chal Ha­z­nar, Dan K­riel, Se­a­be­lo Se­nat­la, Kurt Co­le­man, Jus­tin P­hil­lips, Sik­hum­bu­zo Nots­he, Jo­han du Toit, Ko­bus van Dyk, JD S­chickle­ring, Chris van Zyl (k), Wil­co Louw, Ra­mo­ne Sa­mu­els, Ali Ver­maak. PLAASVERVANGERS: S­car­ra N­tu­be­ni, Cay­lib Oost­hui­zen, Frans van Wyk, S­te­ph de Wit, Ja­co Coet­zee, God­len Ma­sim­la, Brandon T­hom­son. AJ Ja­cobs. 14:30 (SS 1).

SP Ma­rais

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.