Haaie moet kuur vir dié kwaal vind

Beeld - - Sport - Ti­nus van S­ta­den

Die Haaie se Su­per­rug­by-aan­slag het ver­le­de Sa­ter­dag op ’n ge­pas­te wy­se ge­ëin­dig – in ’n wip­plank­stryd. Ro­bert du P­reez, die Haaie se brei­er, kan mor oor skeids­reg­ter­be­slis­sings in sy span se kwart­eind­stryd teen die Leeus as hy wil, maar die Haaie het nie ver­dien om tot die half­eind­ron­de van die reeks deur te dring nie.

Daar­voor was hul­le heel­te­mal te wis­sel­val­lig in van­jaar se reeks.

Die span het die twee­de jaar ag­ter­een­vol­gens agt­ste op die pun­te­lys ge­ein­dig en hy is weer in die kwart­eind­ron­de uit­ge­boen­der. As die Haaie be­ter wil vaar, sal hul­le een­vou­dig ’n ma­nier moet vind om hul be­sten­dig­heid te ver­be­ter.

Die Haaie se sei­soen het tog tal­le hoog­te­pun­te op­ge­le­wer.

Hul­le het in die twee­de week ’n uit­ste­ken­de te­rug­veg­se­ge oor die Brum­bies, die Aus­tra­lie­se kon­fe­ren­sie-wen­ners, in Can­ber­ra be­haal; die S­tor­mers, nóg ’n kon­fe­ren­sie-wen­ner, in Dur­ban ge­klop en die eer­ste span van­jaar ge­word om die Ja­gua­res in Ar­gen­ti­nië te ver­slaan.

Die pro­bleem was dat hul­le nooit wen­mo­men­tum kon kry nie.

Die Haaie se ge­lyk­op­uit­slag van 9-9 teen die Mel­bour­ne Re­bels in Dur­ban was waar­skyn­lik die swak­ste wed­stry­de in van­jaar se reeks.

Daar­be­ne­wens het hul­le teen die Sout­hern Kings ver­loor en ook ’n te­leur­stel­len­de ne­der­laag teen die Bul­le in Dur­ban ge­ly.

As die span ho­ër op die pun­te­lys wil ein­dig, sal hy ’n op­los­sing vir sy on­be­sten­dig­heid moet vind. Die span is ook ont­wrig deur skor­sings en be­se­rings, met ver­al die ver­lies van sy kap­tein en los­ska­kel, Pat Lam­bie, wat ’n groot slag was. Lam­bie se koel­kop-hou­ding was deur­slag­ge­wend in die se­ge oor die Brum­bies.

Du P­reez kan hom daar­aan troos dat hy dié uit­mer­ge­len­de toer­nooi met ’n jong groep spe­lers aan­ge­durf het. As die groep by­me­kaar­ge­hou kan word, sal hy meer be­sten­dig word soos die spe­lers meer ver­troud raak met me­kaar en met die struk­tu­re. ’n Paar van die jon­ges sal ook fyn vaar­dig­he­de soos wed­stryd­be­stuur, ’n be­ter tem­pe­ra­ment en be­ter be­sluit­ne­ming aan­leer.

Een van die spe­lers wat baie be­lang­rik is vir die Haaie se toe­koms, is die flank Je­an-Luc du P­reez. Dié bie­lie is die span se bes­te spe­ler en heel moont­lik die voor­ste steel­kant­flank in Suid-A­fri­ka.

Hy en sy broer, die agt­ste­man Dan, het die po­ten­si­aal om gró­tes te word.

On­der die voor­ry­spe­lers het die Haaie ook ta­lent. Of­skoon Coe­nie Oost­hui­zen ge­reeld on­der kri­tiek deur­loop, het hy ’n puik sei­soen be­leef. Die jong los­kop­stut T­ho­mas du Toit, het ook ’n blink toe­koms.

Fran­co Ma­rais het met ruk­ke en sto­te goed ver­toon as ha­ker.

Die Haaie sal straks hul slots­pens moet aan­vul. E­tien­ne Oost­hui­zen ver­laat Dur­ban om sy heil in Eu­ro­pa te gaan soek en die e­nig­ste er­va­re ran­kers wat oor­bly, is Ru­an Bo­tha en S­te­phan Le­wies. Bo­tha was van­jaar een van die bes­te lyn­staan­slot­te in die Su­per­rug­by-reeks.

Die Haaie se brein­trust sal ook slim wees om in ’n ek­stra bal­jag­terflank te be­lê. P­hi­lip van der Walt het die span goed aan­ge­voer in die nr. 6-trui, maar hy is nie nood­wen­dig ’n los­voor­spe­ler wat daar­van hou om na die bal toe te speel nie.

Ag­ter­langs sal die Haaie vin­nig ’n plaas­ver­van­ger vir die skrum­ska­kel Co­bus Rei­nach moet vind. Hy ver­laat Dur­ban om hom by die Northamp­ton Saints in En­ge­land aan te sluit.

Die jong skrum­ska­kel Ca­me­ron W­rig­ht en die ve­te­raan Lou­is S­chreu­der so­ver ge­kon­trak­teer.

Wat los­ska­kels be­tref, het die Haaie baie op­sies. Cur­win Bosch kan een van die wê­reld se voor­ste ge­ne­raals word as hy tyd kry om te ont­wik­kel. In­ny Ra­de­be, Garth A­pril en Ben­hard Jan­se van Rens­burg bied diep­te op los­ska­kel.

Die vonds van die Haaie se sei­soen is die jong vleu­el Sbu N­ko­si. Ko­bus van Wyk is self ’n skaf­li­ke snel­ler.

Daar is dus baie re­de tot op­ti­mis­me in Dur­ban. Du P­reez het ’n jong, ta­lent­vol­le groep tot sy be­skik­king.

As die brei­er en sy troe­pe was­dom be­reik, is daar geen re­de waar­om hul­le nie ’n toon­aan­ge­wen­de krag in Su­per­rug­by kan word nie.

Fo­to: GALLO IMAGES

Cur­win Bosch vier sy drie van­jaar teen die We­stern For­ce in Dur­ban.

Fo­to: GETTY IMAGES

Je­an­Luc du P­reez in van­jaar se Su­per­rug­by­reeks teen die Ja­gua­res in ak­sie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.