Ro­bert: ‘Ons het har­de les­se van­jaar ge­leer’

Beeld - - Sport - Ti­nus van S­ta­den Haaie:

Die Pu­mas be­hoort die Haaie van­dag deeg­lik te toets, maar die Dur­ba­nie­te se groot­ste uit­da­ging gaan straks in­ner­lik wees in dié Cur­rie­be­ker-stryd op Kings­park.

Dit gaan in­te­res­sant wees om te sien of die te­leur­stel­ling van Sa­ter­dag se Su­per­rug­by-ne­der­laag in hul kwart­eind­stryd teen die Leeus siel­kun­di­ge let­sels ge­laat het.

Vol­gens die Haaie se brei­er, Ro­bert du P­reez, fo­kus hul­le liefs op die po­si­tie­we as­pek­te van dié ne­der­laag met 21-23.

“Die Cur­rie­be­ker-reeks is steeds ’n toer­nooi met aan­sien en ons wil baie graag goed vaar in dié reeks. Ons het daar­op ge­fo­kus om al die po­si­tie­we as­pek­te van ver­le­de week na die week oor te dra.”

“Ons het ’n paar har­de les­se in die Su­per­rug­by-reeks ge­leer. Ons sal die Pu­mas met ag­ting be­na­der. Hul­le het ’n oor­win­ning oor die Goue Leeus be­haal, so Sa­ter­dag gaan taai wees.”

Die Haaie word van­dag deur ’n nu­we spe­ler op die veld ge­lei. Die slot Ru­an Bo­tha is met die Cur­rie­be­ker-kap­tein­skap toe­ver­trou.

“Daar was ver­skeie kan­di­da­te, soos Ke­a­gan (Da­niel), C­hi­li­boy (Ra­le­pel­le) en Fran­co Ma­rais. Maar ons glo Ru­an kan die mas op­kom. Ons soek ’n bie­tjie be­sten­dig­heid met die kap­tein­skap,” sê Du P­reez.

Bo­tha sê hy sal juis op die er­va­ring van die an­der lei­ers in die groep staat­maak wan­neer din­ge moei­lik raak.

Die Pu­mas het die Kings se Su­per­rug­by­f­lank, Chris Cloe­te, op hul plaas­ver­van­gers­bank vir dié stryd ge­kies.

Die Su­per­rug­by-half­eind­stryd tus­sen die Leeus en die Hur­ri­ca­nes, wat 14:30 be­gin, sal op die groot­skerm op Kings­park uit­ge­saai word.

■ Garth A­pril, Ko­bus van Wyk, Je­re­my Ward, Luk­ha­nyo Am, Sbu N­ko­si, Cur­win Bosch, Mi­cha­el Claas­sens, Dan du P­reez, Je­an­Luc du P­reez, Kee­gan Da­niel, Ru­an Bo­tha (k), Hy­ron Andrews, Ross Gel­den­huys, C­hi­li­boy Ra­le­pel­le, T­ho­mas du Toit. PLAASVERVANGERS: Fran­co Ma­rais, Ju­an S­choe­man, Ty­ler Paul, Te­ra M­tem­bu, Ja­c­ques Ver­meu­len, Ca­me­ron W­rig­ht, In­ny Ra­de­be.

Ger­rit S­mit, Ru­wel­lyn Is­bel, Trom­pie P­re­to­ri­us, Hen­nie S­kor­bin­ski (k), JP Le­wis, Jus­tin van S­ta­den, S­te­fan Un­ge­rer, Ca­rel G­reeff, T­he­me­la­ni B­ho­li, Lam­bert Groe­ne­wald, Hugo Klop­pers, Je­re­my Jor­daan, Pie­ter S­choltz, Mar­ko Jan­se van Vuur­en, K­we­zi Mo­na. PLAASVERVANGERS: Fran­kie Her­ne, DeeJay Ter­blan­che, Jan­nie S­tan­der, Chris Cloe­te, Rey­nier van Rooy­en, Si­as E­ber­sohn, De­von Wil­li­ams.

Quin­ton Im­mel­man.

Ar­chie Sehla­ko, Ai­mee Bar­rett­T­her­ on.

Te­le­vi­sie­skeids­reg­ter:

TV: Su­perS­port 1.

Van 16:45 op Jo­han G­reeff.

Sbu N­ko­si

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.