Dané staan van kleins af ‘haar man’ Nou kan sy tong uit­steek

Beeld - - Sport - Mi­cha­el G­reen Ar­ran B­rind­le San­da­ma­li Do­la­wat­te O­li­via Mag­no Ri­chie Be­naud Bron:

As jy graag aan sport­vas­vra­kom­pe­ti­sies deel­neem, sou jy vroe­ër van­dees­maand be­slis van Dané van Nie­kerk ken­nis ge­neem het.

Die 24-ja­ri­ge kap­tein van Suid-A­fri­ka se na­si­o­na­le vrou­e­krie­ket­span het haar naam in die re­kord­boe­ke ver­e­wig in die Wê­reld­be­ker­toer­nooi in En­ge­land.

En dis on­waar­skyn­lik dat haar pres­ta­sie gou oor­tref sal word. Van Nie­kerk het vier spe­lers van die Wes-In­die­se Ei­lan­de in ’n een­dag­wed­stryd uit­ge­haal en in die pro­ses geen lo­pies af­ge­staan nie.

Sy lag net half self­be­wus as ’n mens haar oor haar re­kord uit­vra.

“Ek is nie eint­lik se­ker hoe dit ge­beur het nie,” sê sy.

“Die bal het nie daar­die dag (in Lei­ces­ter) baie ge­draai nie. Ek het maar net reg­uit ge­boul.”

Haar pa het haar aan­ge­moe­dig om by­bre­kers te be­gin boul toe sy “klein” was.

“Hy het ge­sê daar is nie baie leg-spin­ners nie. Ek was eers vin­nig, maar toe pro­beer ek dit, en kom toe goed reg.”

Sy het as mei­sie in Cen­tu­ri­on reeds vir die Vil­la­gers­klub in I­re­ne en Noor­de­li­kes se o.9-span­ne be­gin speel.

“Die ge­sin het maar al­tyd in die ag­ter­plaas krie­ket ge­speel en ek het op een van Ba­kers se mi­ni­krie­ket-by­een­koms­te lek­ker ge­speel en toe gaan ek maar deur die span­ne, die Noor­de­li­kes se o.9-, o.12-, o.13-, o.15- en o.19-span.”

In die be­gin­ja­re van haar loop­baan het sy saam met die seuns ge­speel.

“Daar was al­tyd daai me­de­din­gen­de kant van die seuns wat uit­ge­kom het.

“Seuns wil nie deur mei­sies uit­ge­haal word nie, want dan terg hul maats hul­le. Dit was tot my voor­deel, want hul­le het my aan­ge­vat en vir ses­se pro­beer slaan, so ek het baie paal­tjies ge­kry.”

Soos die seuns ou­er ge­word het, het din­ge be­gin ver­an­der.

“Hul­le wil vin­nig boul en jou seer­maak. Op ho­ër­skool het ek be­sef my lyf ver­an­der en al­les raak nou an­ders met die seuns.”

Van die seuns het “naar” be­gin raak en on­smaak­li­ke aan­mer­kings ge­maak. Van Nie­kerk het toe be­sluit om eer­der net saam met die mei­sies te speel.

Sy het vier jaar ge­le­de na Port E­li­za­beth ver­huis en toe weer ge­reeld teen seuns – nee, man­ne – be­gin krie­ket speel.

“Ek en Ma­ri­zan­ne (Kapp, haar Pro­tea-span­maat, wat die nom­me­reen-vrou­e­bou­ler in die wê­reld is) het ons op ’n i­ni­si­a­tief van die Oos­te­li­ke Pro­vin­sie by sy a­ka­de­mie in­ge­skryf,” sê Van Nie­kerk.

“Dit was on­ge­loof­lik. Chris­to (E­sau) was ’n bril­jan­te af­rig­ter. Hy het ons glad nie an­ders be­han­del nie. Ons het daar aan­ge­kom en hy het ge­sê: ‘Gaan kolf.’

“En die ou­ens boul 130 (km/h).”

Met baie af­rig­ting en vas­byt het Van Nie­kerk en Kapp wel la­ter teen die vin­ni­ge man­ne “ge­kolf as­of hul­le mei­sies” was. Sy en Kapp het in daar­die sta­di­um by die a­ka­de­mie saam met die mans ge­oe­fen, maar saam met die mei­sies wed­stry­de ge­speel.

Op in­ter­na­si­o­na­le vlak het haar loop­baan al­gaan­de ge­bok­spring tot die on­lang­se WB-toer­nooi.

Van Nie­kerk is die na­si­o­na­le span se kap­tein en het reeds meer as 50 toet­se en meer as 50 een­dag­wed­stry­de ge­speel.

“My mik­punt is om die Wê­reld­be­ker vir ons land te help wen.”

En as sy in die pro­ses meer men­se van vrou­e­krie­ket be­wus kan maak en ’n rol­mo­del vir vrou­e­spe­lers word, sal sy in haar nop­pies wees.

“Ek gaan eer­lik wees. Ek het nooit daai vroue-hero ge­had nie. Ek wou die span haal, maar dit was die mans wat my heroes was, soos die on­ge­loof­li­ke AB de Vil­liers en S­ha­ne War­ne. Maar ja, ek sal be­slis graag vir mei­sies ’n rol­mo­del wil wees.”

As ’n mens kyk na die po­si­tie­we re­ak­sie op Van Nie­kerk en haar span se ver­to­nings in die WB-toer­nooi, is so iets glad nie on­moont­lik nie.

(SuidA­fri­ka): 4/0 in 3.2 boul­beur­te teen die Wes­In­die­se Ei­lan­de in ’n een­dag­wed­stryd in 2017.

(En­ge­land): 3/0 in 2 boul­beur­te teen die Wes­In­die­se Ei­lan­de in ’n een­dag­wed­stryd in 2013.

(Sri Lan­ka): 3/0 in 1 boul­beurt teen Bangla­desj in ’n T20­wed­stryd in 2012.

(Aus­tra­lië): 3/0 in 1.5 boul­beur­te teen Pa­ki­stan in ’n een­dag­wed­stryd in 1997. (Aus­tra­lië): 3/0 in 3.4 boul­beur­te teen In­dië in ’n toets in 1959. ESPN­cri­cin­fo.

Fo­to: GALLO IMAGES

Dank­sy haar tyd by die Oos­te­li­ke Pro­vin­sie­a­ka­de­mie vrees Dané van Nie­kerk nie snel­bou­lers nie. Spe­lers wat drie of meer kol­wers uit­ge­haal het son­der om lo­pies af te staan:

Dané van Nie­kerk

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.