Fer­ra­ri se Vet­tel is kalm, al blaas Mer­ce­des se Ha­mil­ton in sy nek

Beeld - - Sport - TV:

Vet­tel sê hy lê nie wak­ker oor Le­wis Ha­mil­ton wat in sy nek blaas en die en­ke­le punt tus­sen hul­le op die For­mu­le Een-pun­te­lys nie.

Ha­mil­ton kan in die eer­ste plek in­skuif as hy mô­re be­ter as sy Duit­se teen­stan­der vaar in die Hon­gaar­se Grand P­rix.

Vet­tel sê hy is be­wus van dié be­drei­ging in sy tru­spie­ël­tjie, ge­ge­we dat Ha­mil­ton ’n ses­de se­ge op die Hun­ga­r­o­ring-ren­baan in Boe­da­pest in sy vi­sier het.

“Ek stres nie te veel daar­oor nie. Op pa­pier be­hoort dit ’n goeie wed­ren vir ons te wees.

“Kom ons kyk hoe dit uit­draai,” sê Vet­tel.

“Ek hou van die ren­baan en gaan dit net ge­niet. Ons al­mal in die span (Fer­ra­ri) weet wat ge­doen moet word.

“Die feit dat dit die laas­te wed­ren is voor die Au­gus­tus-va­kan­sie, ver­an­der niks nie,” het dié Duit­ser aan die me­dia ge­sê.

Vet­tel het in Mei ’n voor­sprong van 25 pun­te oor Ha­milSe­bas­ti­an ton ge­had ná die Mo­na­co Grand P­rix, maar Mer­ce­des, die kam­pi­oen, het se­dert­dien al na­der ge­kruip.

Ha­mil­ton-hul­le neem van­jaar met ’n nu­we mo­tor deel en het aan­vank­lik ge­suk­kel met die aan­pas­sing.

To­to Wolff, die Mer­ce­des-span se groot­baas, het die nu­we mo­tor vroe­ër die jaar as ’n hals­star­ri­ge di­va be­skryf.

Ha­mil­ton het twee van die af­ge­lo­pe vier wed­ren­ne ge­wen, ter­wyl Vet­tel in drie daar­van nie ’n plek op die po­di­um kon kry nie.

Die ge­skie­de­nis is boon­op teen Vet­tel. Geen an­der ja­er in F1-ge­kie­de­nis het al meer as Ha­mil­ton in Hon­ga­rye ge­wen nie.

As die 32-ja­ri­ge B­rit van­dag kan ver­se­ker hy spring in die voor­ste plek weg, sal hy Mi­cha­el S­chu­ma­cher se loop­baan-re­kord van 68 voor­ste plek­ke op die weg­spring­roos­ter e­we­naar.

Vet­tel gee te ken­ne Mer­ce­des het die laas­te ruk die pas aan­ge­gee, maar meen daar moe­nie te veel daar­in ge­lees word nie.

“Ek dink ons was in Oos­ten­ryk baie na­by aan ’n se­ge en dit was net twee wed­ren­ne ge­le­de.” “Ons moet toe­gee dat Sil­vers­to­ne (die B­rit­se GP) nie ons bes­te po­ging was nie,” sê Vet­tel. – Reu­ters

■ Mô­re om 14:00 (SS 6).

Fo­to: GETTY IMAGES

Se­bas­ti­an Vet­tel sal mô­re in die Hon­gaar­se Grand P­rix in ’n ti­ta­nie­se stryd met Le­wis Ha­mil­ton van Mer­ce­des ge­wik­kel wees om sy ge­rin­ge voor­sprong op die F1­pun­te­lys te be­hou.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.