Su­net­te ont­trek aan SA span

Beeld - - Sport -

Suid-A­fri­ka se O­lim­pie­se sil­wer­me­dal­je­wen­ner in die spies­gooi, Su­net­te Vil­joen, het haar weens ’n be­se­ring aan die Wê­reld-at­le­tiek­by­een­koms in Lon­den ont­trek.

Vil­joen het gis­ter­mid­dag op T­wit­ter aan­ge­kon­dig dit was ’n bit­ter moei­li­ke be­sluit, maar dat die be­se­ring haar met geen an­der keu­se laat nie.

Sy sou vol­gen­de Son­dag aan die uit­dun­ron­de deel­ge­neem het. Die Wê­reld­by­een­koms be­gin Vry­dag.

Die deur­me­kaar­spul wat Suid-A­fri­ka se span­keu­se vir die In­ter­na­si­o­na­le Ver­e­ni­ging van At­le­tiek­fe­de­ra­sies (IAAF) se skou­spel tot dus­ver ken­merk, het be­ne­wens Vil­joen se ont­trek­king gis­ter nog kin­kels by­ge­kry.

Die dis­kus­gooi­er Vic­tor Ho­gan, wat oor­spronk­lik ’n lid van die groep was, maar vroe­ër van­dees­week ont­trek is aan die span, is wéér in­ge­sluit in die uit­soek­groep.

Die 100 m-hek­kies­lo­per Ri­ke­net­te S­teen­kamp is ook op die nip­per­tjie by die span ge­voeg.

Ho­gan het ver­le­de jaar die O­lim­pie­se S­pe­le mis­ge­loop om­dat hy ’n skor­sing vir die ge­bruik van ’n ver­bo­de mid­del uit­ge­dien het.

Hy en S­teen­kamp het uit­no­di­gings van die IAAF ont­vang met S­teen­kamp wat mag deel­neem, selfs al het sy nie die IAAF se kwa­li­fi­se­ren­de ver­eis­te (12.98 s) of dié van At­le­tiek Suid-A­fri­ka (ASA) – 12.77 – ge­haal nie.

S­teen­kamp het ’n bes­te tyd van 12.99 van­jaar, maar is ge­nooi om­dat daar nie ge­noeg IAAF-kwa­li­fi­seer­ders was om al die ba­ne in die uit­dun­ron­des te vul nie.

Ho­gan se her­in­slui­ting sal ook die oë laat rek, aan­ge­sien die IAAF bin­ne slegs ’n paar dae sy deun­tjie oor dié Bo­land­se dis­kus­gooi­er ver­an­der het.

ASA het Ho­gan oor­spronk­lik ge­kies op grond daar­van dat hy in 2016 die ver­eis­te af­stand op die A­fri­ka­by­een­koms ge­gooi het. Hy is ná die by­een­koms ge­skors.

Die IAAF het vroe­ër van­dees­week ge­sê sy ver­to­ning op die A­fri­ka­by­een­koms is weens sy skor­sing nie gel­dig nie. At­le­tiek se in­ter­na­si­o­na­le be­heer­lig­gaam het ’n U-draai ge­maak en Ho­gan weer ge­nooi om deel te neem.

Dié ver­wik­ke­lin­ge sal ver­al ’n bit­ter smaak laat by at­le­te soos Hen­ri­cho Bruin­tjies, E­mi­le Eras­mus, Gift Le­ot­le­la (al­mal 100), LJ van Zyl, Con­stant P­re­to­ri­us, Cor­nel F­re­de­ricks, Le Roux Ham­man (al­mal 400hek­kies), Ryn­hardt van Rens­burg (800) en A­lys­sa Con­ley (200), wat al­mal die IAAF se kwa­li­fi­se­ren­de ver­eis­tes ge­haal het, maar tuis moet bly.

Vol­gens die IAAF se be­leid mag net drie at­le­te per land per i­tem in­ge­skryf word, wat be­te­ken dat daar steeds ’n plek is vir een van die at­le­te wat vir die 100 ge­kwa­li­fi­seer het. Way­de van Nie­kerk, wat vir die 100 ge­kwa­li­fi­seer het, het reeds aan­ge­dui hy is net be­skik­baar vir die 200 en 400. Maar ASA skop vas en het al­le aan­soe­ke om ap­pèl teen sy be­sluit aan te te­ken van die hand ge­wys.

Jus­ti­ne Palf­ra­man (200 en 4x400-af­los), so­wel as Ge­na Lof­strand (800), en A­ri­a­na Nel (4x400-af­los) is ook vroe­ër die week by die Suid-A­fri­kaan­se span ge­voeg na­dat die IAAF ’n uit­no­di­ging vir ’n 4x400-vrou­e­af­los­span aan Suid-A­fri­ka ge­stuur het.

Palf­ra­man en Lof­strand, wat aan­vank­lik oor die hoof ge­sien is deur ASA, word ook nou toe­ge­laat om in hul spe­si­a­lis­i­tems deel te neem.

Ver­der het ASA vroe­ër die week die weg­la­ting van Van Zyl, P­re­to­ri­us en F­re­de­ricks pro­beer reg­ver­dig deur in ’n e-pos te sê dat hul­le tye sta­di­ger as dié van Suid-A­fri­ka se o.18-wê­reld­kam­pi­oen, Sok­wak­ha­na Za­zi­ni, is.

Die se­ni­or at­le­te se hek­kies is ho­ër as dié van jeugat­le­te, wat be­te­ken dat die ver­ge­ly­king on­sin­nig is.

Fo­to: GETTY IMAGES

Su­net­te Vil­joen gaan weens ’n be­se­ring nie kans kry om nóg ’n spies­gooi­me­dal­je vir Suid­A­fri­ka te ver­o­wer nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.