C­had val vas in half­eind­ron­de van 100­vlin­der­slag

Beeld - - Sport - Ti­nus van S­ta­den

Van tra­ne van blyd­skap na tra­ne van s­mart.

Na­dat C­had le Clos Woens­dag die goue me­dal­je in die 200 me­ter-vlin­der­slag op die Wê­reld­by­een­koms in Boe­da­pest, Hon­ga­rye, ge­wen het, het hy gis­ter­aand ná ’n po­wer ver­to­ning in die half­eind­ron­de van die 100-vlin­der­slag vas­ge­val.

Le Clos se tyd van 51.48 was slegs die 12de vin­nig­ste tyd wat in die half­eind­ron­de be­haal is. Dít na­dat hy gis­ter­og­gend nog sterk ge­lyk het in die uit­dun­ne en die ses­de bes­te tyd – 51.28 se­kon­des – ge­swem het.

Sy ver­to­ning in die half­eind­ron­de kan as raai­sel­ag­tig be­stem­pel word, ver­al ná sy uit­ste­ken­de po­ging Woens­dag­aand om sy wê­reld­ti­tel van 2013 in die 200-vlin­der­slag te­rug te wen.

Le Clos het die 100-vlin­der­slag twee jaar ge­le­de op die Wê­reld­by­een­koms in Ka­zan, Rus­land, ge­wen.

Die Suid-A­fri­ka­ner het boon­op ver­le­de jaar op die O­lim­pie­se S­pe­le in Rio de Ja­nei­ro die sil­wer­me­dal­je in dié i­tem ge­wen.

Hon­ga­rye se László C­seh en A­me­ri­ka se le­gen­da­rie­se Mi­cha­el P­helps het die sil­wer­me­dal­je met Le Clos ge­deel, ter­wyl die jong Jo­seph S­chool­ing van Sin­ga­poer die O­lim­pie­se goud ge­wen het.

C­seh (51.16) en S­chool­ing (50.78) het al­bei vir die eind­ron­de ge­kwa­li­fi­seer.

Ca­e­leb Re­mel D­res­sel van A­me­ri­ka het die vin­nig­ste tyd in die half­eind­ron­de (50.07) ge­swem.

Le Clos se te­leur­stel­len­de half­eind­ron­de was die laas­te strooi op ’n po­wer dag vir die Suid-A­fri­kaan­se span.

Za­ne Wad­dell en Doug­las Eras­mus het gis­ter­og­gend in die 50-vry­slag ge­swem. Nie een van hul­le kon ver­der as die uit­dun­ne vor­der nie. Wad­dell het slegs die 45ste vin­nig­ste tyd (22.86) ge­swem. Eras­mus was 31ste met 22.56. Bru­no Fra­tus van Bra­si­lië het in die vin­nig­ste tyd – 21.51 – ge­kwa­li­fi­seer.

E­rin Gal­lag­her het slegs die 34ste vin­nig­ste tyd (27.36) in die uit­dun­ne van die 50-vlin­der­slag ge­swem. Die S­weed Sa­rah S­jos­trom het die bes­te uit­dun­tyd van 25.25 be­haal.

Sa­man­tha Rand­le se tyd van 2:17.14 in die 200-rug­slag was slegs die 27ste vin­nig­ste. Kathleen Ba­ker van A­me­ri­ka se 2:06.82 was die vin­nig­ste kwa­li­fi­se­ren­de tyd.

Ka­te Be­a­von het aan die 800vry­slag deel­ge­neem. Haar tyd van 8:58.31 was slegs die 29ste vin­nig­ste kwa­li­fi­se­ren­de tyd. A­me­ri­ka se in­druk­wek­ken­de Ka­tie Le­decky het die vin­nig­ste uit­dun­tyd van 8:20.24 ge­swem.

Em­ma C­he­li­us neem van­og­gend aan die 50-vry­slag deel en Kay­le­ne Cor­bett swem in die 50-bors­slag.

B­rent S­zur­do­ki swem in die 1 500-vry­slag. Suid-A­fri­ka het ook ’n span vir die ge­meng­de 4x100-vry­slag in­ge­skryf.

Fo­to: REU­TERS

C­had le Clos kyk gis­ter­aand te­leur­ge­steld na sy tyd in die half­eind­ron­de van die 100­vlin­der­slag.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.