Dis Vro­te­as voor die pen­ne

Beeld - - Sport - Al­tus Mom­berg

S­kan­da­lig.

Daar is géén be­ter woord om Suid-A­fri­ka se vrot­si­ge kolf­ver­to­ning gis­ter op die twee­de dag van die der­de krie­ket­toets teen En­ge­land te be­skryf nie.

Suid-A­fri­ka het tot 126/8 met die uit­skei­tyd ge­hin­ke­pink. Dit was boon­op ná ’n her­stel­po­ging deur Tem­ba Ba­vu­ma (34*) en die eind­kol­wer Ka­gi­so Ra­ba­da (30), na­dat hul­le op 61/7 saam be­gin kolf het.

Die ver­lep­te to­taal ná dag twee is in ant­woord op die tuis­span se uit­ste­ken­de 353 in sy eer­ste beurt. Suid-A­fri­ka be­no­dig nog 28 lo­pies om die op­volg­beurt af te weer.

En­ge­land het goed ge­boul in guns­ti­ge toe­stan­de, maar dit is steeds nie ’n ver­sko­ning vir die ge­brek aan veg­gees wat die Suid-A­fri­ka­ners ge­wys het nie.

Dit was nie as­of een van En­ge­land se staat­ma­ker-bou­lers, Ja­mes An­der­son (1/28) of S­tu­art Bro­ad (2/16), die ska­de aan­ge­rig het nie.

Die slag­ting was die werk van die toets­groen­tjie To­by Ro­lan­dJo­nes (4/39), wat die to­por­de uit­ge­boen­der het. Die le­ni­ge veel­sy­di­ge spe­ler het lek­ker wip en be­we­ging van die naat ge­kry en het al die kol­wers ge­pla.

Hy het die eer­ste vier paal­tjies laat kan­tel en die hart uit die Pro­te­as se kolf­lys ge­ruk. Ro­land-Jo­nes het ook sy in­slui­ting in die span reg­ver­dig nog vóór hy ’n en­ke­le bal ge­boul het, deur ’n waar­de­vol­le 25 lo­pies met die kolf by te dra.

Mark Wood was die der­de naat­bou­ler in die eer­ste twee toet­se, maar hy het bit­ter min be­we­ging deur die lug óf van die blad af ge­kry. Die nu­we­ling het nie sul­ke pro­ble­me ge­had nie en was on­mid­del­lik ’n ge­vaar.

Ná die reu­se-se­ge in die twee­de toets op T­rent B­rid­ge, het die Pro­te­as ge­glo dat die nu­we sa­me­stel­ling van ses kol­wers en vyf bou­lers die juis­te een vir die af­sien­ba­re toe­koms is. Dit is eg­ter in toe­stan­de soos gis­ter s’n waar kap­teins al­tyd se­we kol­wers wíl hê.

Dit het be­slis nie ge­help dat die span feit­lik son­der Ver­non P­hi­lan­der se by­drae moes klaar kom nie. Die naat­bou­ler het gis­ter­og­gend die veld ver­laat na­dat hy net vyf boul­beur­te af­ge­stuur het.

Die­self­de maag­aan­doe­ning wat hom Don­der­dag vir meer as ’n uur van die veld ge­hou het, was so erg dat hy gis­ter hos­pi­taal toe moes gaan vir toet­se. Hy kon uit die aard van die saak ook nie op nr.7 kom kolf nie.

En­ge­land het eg­ter be­heer van dié wed­stryd ge­neem nog voor die Suid-A­fri­ka­ners se po­we­re kolf­ver­to­ning.

’n Won­der­li­ke hon­derd­tal deur Ben S­to­kes het En­ge­land ’n ste­wi­ge eer­ste­beurt­to­taal ge­gee.

Dit was ver­al die ma­nier waar­op S­to­kes (112* van 153 bal­le; 7x4) on­der die bou­lers in­ge­klim het, wat die be­soe­kers on­der druk ge­plaas het.

Hy en Jon­ny Bair­stow (36) het 75 lo­pies om die ses­de paal­tjie by­ge­voeg.

In P­hi­lan­der se af­we­sig­heid het Mor­né Mor­kel (3/70) en Ka­gi­so Ra­ba­da (3/83) goed ge­boul, maar hul­le het nie die­self­de be­heer son­der die Pro­te­as se bes­te bou­ler ge­had nie.

Mor­ris was ver­al te vry­ge­wig en het 1/91 in net 17 boul­beur­te af­ge­staan.

Fo­to: AP

To­by Ro­land­Jo­nes vier die paal­tjie van Hei­no Kuhn.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.