Krie­ket – Af­ga­ni­stan se doe­pa teen pyn van oor­log

Beeld - - Sport - Chris­to Bu­ch­ner

Krie­ket is die pleis­ter wat ge­plak word op die seer wat Af­ga­ni­stan in ’n oor­log­ge­teis­ter­de land be­leef.

“Met krie­ket wil ons weer glim­lag­te op die ge­sig­te van ons men­se sit wat so baie pyn en hart­seer in ons land moet ver­duur,” sê Ra­ees Ah­mad­zai, die af­rig­ter van Af­ga­ni­stan se A-span.

Die on­der­houd met hom in ’n ho­tel in Men­lyn, P­re­to­ria, waar sy span saam met Suid-A­fri­ka en In­dië se A-span­ne (naas­bes­tes) aan ’n drie­hoe­ki­ge een­dag­reeks deel­neem, is ’n wê­reld ver­wy­derd van Ka­boel, die hoof­stad van Af­ga­ni­stan, waar twee mo­tor­bom­me net in die laas­te drie dae 45 men­se se dood ver­oor­saak het.

Af­ga­ni­stan is by die drie­hoe­ki­ge toer­nooi be­trek toe Aus­tra­lië A ont­trek het weens ’n kon­trak­tu­e­le ge­skil tus­sen die spe­lers en Krie­ket Aus­tra­lië.

“Ons moes din­ge skie­lik re­ël, maar ons wou be­slis nie die kans ver­by laat gaan om hier te kom speel en on­der­vin­ding teen twee sul­ke sterk lan­de op te doen nie.

“Hoe meer ons kan speel, hoe be­ter vir ons. Krie­ket is die in ons land. Die ge­wild­heid van krie­ket in Af­ga­ni­stan is ver­stom­mend.

“Al word hier­die wed­stry­de nie op TV uit­ge­saai nie, sal om­trent el­ke on­der­steu­ner in die land dit op so­si­a­le me­dia en die web­werf cri­cin­fo volg.

“Krie­ket is die Af­ga­ne se ont­vlug­ting van dit wat in ons land aan­gaan,” sê Ah­mad­zai.

“Die po­li­tie­ke toe­stand in die land is nie in ons han­de nie en din­ge ge­beur wat heel­te­mal booor ons kop­pe gaan.

“Die ge­wo­ne men­se is al­mal vre­de­lie­wend en wil net aan­gaan met hul le­wens. Hul­le wil hul­le in hul krie­ket in­leef en met ons pres­ta­sies op die veld kan ons ’n bie­tjie vreug­de vir hul­le bring,” sê hy.

“Ons is ook ge­luk­kig dat ons pre­si­dent, Ashraf G­ha­ni, ’n groot krie­ket­lief­heb­ber is en dat hy al­les volg wat ons op die veld doen. Hy is ons baie goed­ge­sind,” ver­tel Ah­mad­zai.

Af­ga­ni­stan het ver­le­de maand vol­le toets­sta­tus ge­kry en dit is ’n groot hup­stoot vir die sport in dié land.

“Ons is ge­reed om ons eer­ste toets te speel, maak nie saak waar of teen wie nie. Die be­geer­te is om ons toets­de­buut op E­den Gar­dens in Kol­ka­ta teen te kan maak.”

Af­ga­ni­stan het se­dert hy vier jaar ge­le­de lid­maat­skap van die In­ter­na­si­o­na­le K­rie­ket­raad (IKR) ge­kry het, met ras­se skre­de ont­wik­kel.

Die Af­ga­ne het in Ju­nie daar­in ge­slaag om die Wes-In­die­se Ei­lan­de in ’n een­dag­stryd in St. Lu­cia te klop. Die 18-ja­ri­ge by­breek­bou­ler Rashid K­han het 7/18 ge­neem het – die vier­de bes­te sy­fer nóg in in­ter­na­si­o­na­nom­me­reen-sport le een­dag­krie­ket.

Tot en­ke­le ja­re ge­le­de was die ver­naam­ste bloot­stel­ling wat Af­ga­ne aan krie­ket ge­kry het, die kans wat hul­le ge­kry het om dit in vlug­te­ling­kam­pe in Pa­ki­stan te kon speel.

Vol­gens Ah­mad­zai is daar nou drie sta­di­ons in Af­ga­ni­stan, met die groot­ste wat so­wat 20 000 toe­skou­ers kan huis­ves.

“Daar was on­langs ’n plaas­li­ke wed­stryd in Ka­boel in ’n staIn­dië di­on wat so 5 000 toe­skou­ers kan huis­ves, maar die be­lang­stel­ling was só groot dat meer as 10 000 men­se op­ge­daag het.

“Ons men­se leef vir hul krie­ket en kan nie ge­noeg daar­van kry nie. Daar­om wil ons el­ke kans aan­gryp om die spel te speel en te ont­wik­kel.

“Ons só dank­baar dat ons nou ook hier in Suid-A­fri­ka kan kom speel,” sê hy.

“Van die jong spe­lers wat hier in ak­sie is, sal ho­pe­lik bin­ne twee tot drie jaar in ons se­ni­or na­si­o­na­le span speel. Ons het goeie draai­ers, ’n paar goeie snel­bou­lers en ste­wi­ge kol­wers,” sê hy.

“Ons is ge­woond aan droë kolf­blaaie waar die bal draai en wat laag en aan die sta­di­ge kant is. Ons kol­wers hou nie juis daar­van as daar vin­ni­ge op­slag­bal­le hier ver­by hul kop­pe vlieg nie,” glim­lag hy.

“Daar­om is dit goed dat ons nou hier in toe­stan­de kan speel wat ons nie ken nie en só er­va­ring op­doen.

“Hou ons dop. “Krie­ket in Af­ga­ni­stan is ’n slui­me­ren­de reus wat net moet ont­waak.”

Af­ga­ni­stan A speel mô­re in ’n een­dag­wed­stryd teen Suid-A­fri­ka A op die Tuks-o­vaal.

Fo­to: GETTY IMAGES

Af­gaan­se seuns speel ’n pot­jie krie­ket in die oor­log­ge­teis­ter­de Ka­boel. Krie­ket is Af­ga­ni­stan se ge­wild­ste sport­soort.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.