C­hiefs ’n kort­kop voor

Beeld - - Sport -

wed­stry­de.

Die C­hiefs moes ver­le­de jaar in die half­eind­ron­de teen die Hur­ri­ca­nes speel na­dat hul­le ook die vo­ri­ge week teen die S­tor­mers op Nu­we­land ge­speel het.

“Ons het dié keer ’n plan

– om baie te rus en te her­stel – uit­ge­werk en dit het in wer­king ge­tree kort ná die ein­de van die wed­stryd teen die S­tor­mers,” het Cru­den vroe­ër van­dees­week aan stuff.co.nz ge­sê.

Ren­nie is ook vol ver­troue dat sy span kan wen, al moes hul­le am­per half­pad om die aar­de vlieg.

Vol­gens hom het sy span van­te­vo­re al ses wed­stry­de ag­ter­een­vol­gens ge­wen na­dat hy van Suid-A­fri­ka of Ar­gen­ti­nië na Nieu-See­land moes te­rug­keer.

“Ek glo ons is be­slis van­jaar be­ter toe­ge­rus as ver­le­de jaar,” sê Ren­nie.

Die Cru­sa­ders van 2017 blyk ’n perd van ’n an­der kleur te wees. On­der die af­rig­ting van S­cott Ro­bert­son het die span van­jaar weer die ti­pe rug­by ge­speel wat hom in die vroeë ja­re 2000 ’n vrees­aan­ja­en­de teen­stan­der ge­maak het.

Die Cru­sa­ders het van­jaar nog net een wed­stryd op hul tuis­veld ver­loor en dít was teen die B­rit­se en Ier­se Leeus.

In Su­per­rug­by van­jaar het hul­le al­le be­soe­ken­de span­ne in die AMI-sta­di­on laat les op­sê.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.