Ac­kers: ‘Rooi­ge­ty’ op El­lis­park

Beeld - - Voorblad - Chris­to Bu­ch­ner

Die eind­fluit­jie het skaars ge­blaas ná die Leeus se merk­waar­di­ge te­rug­veg­se­ge van 44-29 teen die Hur­ri­ca­nes in die Su­per-half­eind­stryd op El­lis­park of daar was al ’n lang tou on­der­steu­ners voor die kaart­jies­kan­toor wat sit­plek­ke vir Sa­ter­dag se eind­stryd teen die Cru­sa­ders wil ver­se­ker.

Dit is die eer­ste keer dat El­lis­park in Jo­han­nes­burg gas­heer vir ’n Su­per-eind­stryd sal wees.

Dit sal ook die eer­ste keer se­dert 2010 wees dat ’n Su­per­eind­stryd in Suid-A­fri­ka plaas­vind.

By daar­die ge­leent­heid het die Bul­le die S­tor­mers in die Or­lan­do-sta­di­on in So­we­to ge­klop.

Daar is on­ge­ken­de be­lang­stel­ling in hier­die eer­ste eind­stryd

‘‘

Ac­ker­mann se wens is 60 000 toe­skou­ers op El­lis­park.

op El­lis­park, ver­al om­dat die at­mos­feer wat die tuis­ska­re Sa­ter­dag ge­skep het, ’n groot rol ge­speel het om die Leeus oor die wen­streep te kry.

Die eind­stryd gaan ook ’n spe­si­a­le ge­leent­heid wees, aan­ge­sien dit die laas­te keer is dat Jo­han Ac­ker­mann aan die s­tuur van die Leeus sal wees.

Hy sluit hom bin­ne­kort in En­ge­land by die klub Glou­ces­ter as hoof­af­rig­ter aan.

Ac­ker­mann se wens vir sy “af­skeids­par­ty­tjie” is om 60 000 toe­skou­ers op El­lis­park te kry om sy span aan te moe­dig.

“Dit is wat ek wil hê: Om voor my eie men­se en op ons tuis­veld in ’n eind­stryd af­skeid te kan neem. Ont­hou net, ons het nog niks ge­wen nie en het ook nog nie ’n tro­fee om vir ons har­de werk hier­die jaar te wys nie.

“Ek wil ook geen druk op my spe­lers plaas met al­ler­lei praat­jies oor my af­skeid nie. Ek wil hê hul­le moet sorg­vry kan speel en hul­self ge­niet.

“As hul­le hul bes­te gee, sal dit vir my goed ge­noeg wees. As ons dan nie wen nie en ons word deur ’n be­ter span ge­klop, sal ek dit so aan­vaar,” sê Ac­ker­mann.

“Die Cru­sa­ders is ’n span met ’n won­der­li­ke ge­skie­de­nis in hier­die toer­nooi en dit gaan ’n groot uit­da­ging wees,” sê hy.

Geen span het die tro­fee al meer as die Cru­sa­ders se se­we keer ver­o­wer nie.

Ja­co K­riel, die kap­tein, sê die Leeus word ge­mo­ti­veer om die na­sie met hul spel te in­spi­reer.

“Ons doel is om men­se te in­spi­reer met ons ver­to­nings en dit te ge­niet.

“Die co­ach se bood­skap aan ons is al­tyd om op die veld te gaan en ons te ge­niet,” sê hy.

Fo­to’s: REUTERS

Ná rus­tyd Aan­han­gers van die Leeus re­a­geer op die Leeus se se­ge oor die Hur­ri­ca­nes.

Voor rus­tyd

Jo­han Ac­ker­mann

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.