‘Faith moet vlug­te­geld te­rug­gee’

Vlieg glo vrien­de en fa­mi­lie na Kaap­stad

Beeld - - Voorblad - P­hil­da Es­sop

Faith Mut­ham­bi, om­stre­de mi­nis­ter vir die staats­diens en ad­mi­nis­tra­sie, is vir die so­veel­ste keer in die sper­vuur.

Die nuus dat sy vir haar ’n eie ge­hoor op staats­kos­te Kaap­stad toe laat vlieg het om haar be­gro­tings­re­de by te woon, kry he­wi­ge re­ak­sie.

Dié Kaap­se kui­er­tjie het be­las­ting­be­ta­lers so­wat R300 000 uit die sak ge­jaag.

Die DA het gis­ter ge­sê Mut­ham­bi be­hoort “el­ke sent” te­rug te be­taal wat dit be­las­ting­be­ta­lers ge­kos het so­dat haar “fa­mi­lie en vrien­de” haar par­le­men­tê­re re­de kon by­woon.

Die DA se re­ak­sie volg na­dat Sun­day Ti­mes gis­ter be­rig het Mut­ham­bi het glo in Mei van­jaar al­te­sa­me 30 van haar fa­mi­lie­le­de en vrien­de na Kaap­stad ge­vlieg om haar toe­spraak by te woon.

On­der hul­le is haar ma, tan­te, sus­ter en seun, as­ook El­len Ts­ha­ba­la­la, ’n voor­ma­li­ge voor­sit­ter van die SAUK-raad.

Lui­dens die be­rig toon ’n amp­te­li­ke de­par­te­men­te­le do­ku­ment dit het R300 000 ge­kos.

Mut­ham­bi het na be­we­ring ook Hlau­di Mot­soe­neng, voor­ma­li­ge be­dryfs­hoof van die SAUK, se 21-ja­ri­ge dog­ter vars uit die u­ni­ver­si­teit as ’n ad­mi­nis­tra­tie­we as­sis­tent aan­ge­stel.

En sy het ook glo ’n po­li­sie-kon­sta­bel met geen ter­si­ê­re op­lei­ding nie as haar per­soon­li­ke as­sis­tent aan­ge­stel.

Al­bei die aan­stel­lings is na be­we­ring ge­doen son­der om die voor­ge­skre­we pro­se­du­re te volg.

De­si­ree van der Walt, DA-LP, be­plan om vir dr. Mak­ho­si K­ho­za, voor­sit­ter van die par­le­men­tê­re por­te­feul­je­ko­mi­tee oor staats­diens en ad­mi­nis­tra­sie, te skryf om Mut­ham­bi voor die ko­mi­tee te laat daag.

“Mut­ham­bi moet él­ke sent te­rug­be­taal wat sy be­stee het so­dat men­se kon kom kyk hoe sy praat.”

Sy het ge­sê Mut­ham­bi, wat in haar vo­ri­ge hoe­da­nig­heid as mi­nis­ter van kom­mu­ni­ka­sie tot die

Faith Mut­ham­bi

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.