Grand P­rix

Vet­tel rek sy voor­sprong

Beeld - - Voorblad -

Daar was gis­ter in Boe­da­pest groot vreug­de in die Fer­ra­ri­renspan se kamp toe Se­bas­ti­an Vet­tel die Hon­gaar­se For­mu­le Een Grand P­rix ge­wen en sy span­maat, Ki­mi R­äik­ön­nen, twee­de ge­ëin­dig het.

Vet­tel het met dié oor­win­ning sy al­ge­he­le voor­sprong bo Le­wis Ha­mil­ton (Mer­ce­des) tot 14 pun­te ge­rek.

Ha­mil­ton het vier­de ge­ëin­dig na­dat hy sy span­maat, Valt­te­ri Bot­tas, in die laas­te draai kans ge­gee het om hom ver­by te steek.

Bot­tas is nou 19 pun­te ag­ter Ha­mil­ton.

Max Ver­stap­pen (Red Bull) was vyf­de en Fer­nan­do Alon­so (M­cLa­ren) ses­de

“Ek is in die wol­ke,” het Vet­tel ná sy se­ge aan skysports.com ge­sê. “Dit was ’n baie moei­li­ke ren en ek het my han­de vol­ge­had na­dat ons drie rond­tes ag­ter die vei­lig­heids­mo­tor moes ry. Ek weet nie wat fout was met die stuur­wiel nie, maar dit het een kant toe be­gin skuif.”

Mer­ce­des se span­hoof, To­to Wolff, het ver­dui­de­lik Bot­tas het vroe­ër in die ren op­drag ge­kry om Ha­mil­ton ver­by te laat gaan (hoe­wel hy die vin­nig­ste van die twee Mer­ce­desja­ers was).

As Ha­mil­ton nie die Fer­ra­ri’s sou kon in­haal nie, moes hy voor die ein­de die guns aan Bot­tas her­haal het.

“Ons kan die kam­pi­oen­skap ver­loor weens dié drie pun­te. Dalk sal ie­mand een­dag sê ons was na­ïef en dat die kam­pi­oen­skap in Boe­da­pest ver­loor is. Maar ons glo in span­waar­des,” het Wolf ge­sê.

“Ek het nie ge­dink ’n span­maat sou dit doen as hy ’n kans ge­had het om op die po­di­um te staan nie,” het Bot­tas ef­fens oor­bluf ge­sê. “Maar dit was gaaf van die span, dit was gaaf van Le­wis se kant af.”

Die Bel­gie­se Grand P­rix word op 27 Au­gus­tus be­slis. – skysports.com en S­port­re­dak­sie

Fo­to: REUTERS

Die Duit­se ren­ja­er Se­bas­ti­an Vet­tel gooi gis­ter die tro­fee in die lug na­dat hy die Hon­gaar­se For­mu­le Een Grand P­rix in Boe­da­pest ge­wen het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.