‘Moet Val­ke nie druk’

STAAT­SKAPING­ON­DER­SOEK ‘Gun hul­le tyd; aan­kla­ers se lei­ding werk goed’

Beeld - - Nuus - P­hil­da Es­sop

Die lei­ding wat ’n span se­ni­or staats­aan­kla­ers van die na­si­o­na­le ver­vol­gings­ge­sag (NVG) aan die Val­ke ver­skaf in hul on­der­soek na staat­skaping, “werk baie goed”.

Men­se moet hul­le eg­ter nie on­der druk plaas om sa­ke in die ho­we te kry nie, maar moet hul­le tyd gun om die on­der­soe­ke be­hoor­lik te doen, het b­rig. Hangwani Mulaudzi, woord­voer­der van die Val­ke, gis­ter ge­sê.

Sy re­ak­sie volg op ’n Sun­day Ti­mes-be­rig dat adv. S­haun A­bra­hams, di­rek­teur van na­si­o­na­le ver­vol­ging, ’n span se­ni­or staats­aan­kla­ers aan­ge­wys het om uit­sluit­lik op sa­ke te fo­kus wat met staat­skaping en die Gup­ta-fa­mi­lie ver­band hou.

Adv. Lu­vu­yo M­fa­ku, NVG-woord­voer­der, het eg­ter by na­vraag ge­sê dit is niks nuuts nie en dat A­bra­hams reeds in Mei aan die par­le­ment ge­sê het dat hy dié span aan­ge­stel het om on­der­steu­ning aan die Val­ke te bied ten op­sig­te van staat­skaping en ver­wan­te sa­ke.

“Ons wys aan­kla­ers aan om lei­ding te ver­skaf, maar hul­le doen nie die on­der­soek nie.”

Hy sê die NVG sal al­tyd “e­ni­ge

‘‘

Ons werk met er­va­re aan­kla­ers wat lei­ding bied waar ons strui­kel­blok­ke er­vaar. Hul on­der­steu­ning be­te­ken dat ons diens­le­we­ring kan ver­snel.

— B­RIG. HANGWANI MULAUDZI

mis­da­di­ge op­tre­de as erns­tig be­skou en daar­om ver­skaf ons lei­ding aan die Val­ke”.

M­fa­ku het vrae oor hoe dié sa­me­wer­king vor­der na die Val­ke ver­wys.

Mulaudzi sê die NVG en die Val­ke werk in al­le sa­ke saam. Daar is eg­ter groot o­pen­ba­re be­lang­stel­ling in die sa­ke wat met staat­skaping ver­band hou.

“Ons werk met er­va­re aan­kla­ers wat lei­ding bied waar ons strui­kel­blok­ke er­vaar. Hul on­der­steu­ning be­te­ken dat ons diens­le­we­ring kan ver­snel.”

Hy sê die in­stel­lings sal be­sluit wan­neer hul­le ge­reed is om hof toe te gaan.

“Daar moe­nie druk op die span ge­plaas word om die sa­ke in die hof te kry nie. Gee hul­le ruim­te om hul werk te doen. Hul­le sal be­sluit wan­neer hul­le ge­reed is of nie.”

In­tus­sen het die na­si­o­na­le te­sou­rie lui­dens ’n be­rig in Ci­ty P­ress aan­be­veel dat be­we­rin­ge van kor­rup­sie teen B­ri­an Mo­le­fe, voor­ma­li­ge uit­voe­ren­de hoof van E­s­kom, A­noj Singh, ge­skors­te fi­nan­si­ë­le hoof, en Mats­he­la Ko­ko, ge­we­se waar­ne­men­de hoof, on­der­soek word.

Dit is lui­dens die be­rig een van die aan­be­ve­lings in sy nuut­ste on­der­soek, wat volg op ’n vo­ri­ge een deur die na­si­o­na­le te­sou­rie.

Die nuut­ste on­der­soek, wat die #Gup­taLe­aks-e­pos­bood­skap­pe in­ge­sluit het, hou ver­band met kon­trak­te wat E­s­kom toe­ge­staan het aan die steen­kool myn­maat­skap­py Te­ge­ta, wat ge­sa­ment­lik be­sit word deur die Gup­tas en Du­du­za­ne Zu­ma, pres. Ja­cob Zu­ma se seun.

Die te­sou­rie het die on­der­soek ge­las om te be­paal of E­s­kom be­hoor­li­ke ten­der­pro­se­du­res ge­volg het toe die kon­trak­te aan Te­ge­ta toe­ge­staan is.

Die ver­slag is aan die par­le­ment se staan­de ko­mi­tee oor o­pen­ba­re re­ke­nin­ge (S­koor) en die Val­ke oor­han­dig.

Die te­sou­rie het nie gis­ter op na­vrae ge­re­a­geer nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.