Han­del in men­se: SA vrou te­rug ná red­ding

Beeld - - Nuus - Ren­eil­we Dhludhlu

’n Suid-A­fri­kaan­se mo­del (24) is te­rug in die land na­dat sy ver­le­de week uit men­se­han­de­laars se net in Ma­lei­sië ge­red is.

Fi­ki­le M­ba­lu­la, mi­nis­ter van po­li­sie, sê die hoof­fo­kus moet nou blyd­skap wees om­dat P­rin­cess Mahlan­gu vei­lig te­rug is eer­der as om haar ver­der te vik­ti­mi­seer.

“Sy is ’n wa­re slag­of­fer van mis­daad. Ek het selfs ’n bood­skap aan haar ge­stuur om dit vir haar te sê en ook dat sy niks ver­keerds ge­doen het nie,” het M­ba­lu­la gis­ter­aand op ’n me­di­a­kon­fe­ren­sie op die O.R. Tam­bo­lug­ha­we in Kemp­ton Park ge­sê.

Mahlan­gu het be­ra­ding ont­vang ter­wyl die me­di­a­kon­fe­ren­sie aan die gang was. Sy is erg ge­trau­ma­ti­seerd en dit gaan nie goed met haar nie, sê M­ba­lu­la.

Die jong vrou van Bloem­fon­tein is saam met vroue van an­der lan­de na Ma­lei­sië ge­lok on­der die vals voor­wend­sel dat hul­le aan ’n skoon­heids- en mo­del­kom­pe­ti­sie sou deel­neem.

Vroue van min­stens 14 lan­de – on­der meer Bar­ba­dos, In­dië, De­ne­mar­ke en Zam­bië – is op die in­ter­net Ma­lei­sië toe ge­lok.

M­ba­lu­la het Woens­dag­nag ’n op­roep ont­vang dat Mahlan­gu ’n slag­of­fer van men­se­han­del is. Hy het In­ter­pol en die Val­ke ge­kon­tak. Dit het daar­toe ge­lei dat an­der vroue ook ge­red is.

’n Zim­bab­wie­se ver­dag­te is ná ’n ge­hei­me o­pe­ra­sie in Ma­lei­sië in heg­te­nis ge­neem. M­ba­lu­la sê nóg in­heg­te­nis­ne­mings kom.

Hy het jong men­se ver­soek om die in­ter­net nie te veel te ver­trou nie om­dat men­se­han­del sin­di­ka­te ge­or­ga­ni­seerd is.

Die mo­del­a­gent­skap wat ’n kon­trak met Mahlan­gu het, be­weer sy het ge­weet dat die kom­pe­ti­sie af­ge­stel is, maar dat sy nog­tans Ma­lei­sië toe is, en dat sy van die kol­lig hou.

Lt.genl. Yo­li­sa Ma­ta­ka­ta van die Val­ke sê die Ma­lei­sie­se o­wer­heid on­der­soek die mo­tief vir die men­se­han­del ook.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.