Nóg klag­te kom dalk, sê aan­kla­er

SUSTERS VAN BE­DROG AAN­GE­KLA Staat wil die tal­le dos­sie­re saam­voeg

Beeld - - Nuus - A­let van der Walt

Die ver­meen­de swen­de­laar susters van Dun­dee in K wa Zu­lu Na­tal word deur land­wye aan­klag­te van be­drog in die ge­sig ge­staar en die staat wil al die dos­sie­re saam­voeg so­dat hul­le op een plek ver­hoor kan word.

Die staats­aan­kla­er Elias Radebe het Vry­dag in die streek­hof in Hoop­stad ge­sê klag­te van be­drog is in P­rie­ska, Wor­ces­ter, Kroon­stad, Er­me­lo, S­teyt­ler­vil­le, Dun­dee, Ho­ney­dew, Tar­l­ton, Bell­vil­le, Oos-Lon­den en Pie­ter­ma­ritz­burg teen die vroue aan­han­gig ge­maak.

“Ons praat hier van groot be­drae geld en dit lyk of daar nóg klag­te kan kom,” het hy ge­sê.

Min­stens 24 klag­te is teen die susters, Be­lin­da en Sa­man­tha de Beer, aan­han­gig ge­maak en van die on­der­soe­ke is reeds af­ge­han­del.

Die susters moet ook op 11 Au­gus­tus in Er­me­lo in die hof ver­skyn.

Die staat, wat die ver­hoor op een sen­tra­le plek wil hê, sal dit moont­lik na Dun­dee skuif. Dit sal ook be­ter wees vir die be­skul­dig­des om­dat hul­le an­der­sins oor die he­le land ver­ho­re sal moet by­woon, het hy ge­sê.

Die susters se ad­vo­kaat, Simphi­we Mlotshwa, het Vry­dag ’n aan­soek in­ge­dien dat die saak van die rol ge­skrap word om­dat die klag­te reeds in 2015 teen die vroue aan­han­gig ge­maak is. Hy het ge­sê baie tyd het ver­loop en die staat het nou nog nie die on­der­soek af­ge­han­del nie.

Die land­dros het die aan­soek van die hand ge­wys en ge­sê dit is die twee­de keer dat die susters in die hof ver­skyn. Hy het sim­pa­tie daar­mee dat hul­le meer as 600 km van Dun­dee af moet ry om in die hof te ver­skyn, maar die ver­hoor het tot dus­ver nie ge­sloer nie.

Mlotshwa het aan­ge­voer dat die saak nie ’n straf­reg­te­li­ke aan­ge­leent­heid is nie, maar ’n si­vie­le ge­ding.

“Dit is ’n kon­trak wat nie na­ge­kom is nie en dit is ’n een­vou­di­ge kom­mer­si­ë­le aan­ge­leent­heid wat mak­lik op­ge­los

‘‘

Ons praat hier van groot be­drae geld en dit lyk of daar nóg klag­te kan kom.

— ELIAS RADEBE

kan word,” het hy aan die hof ge­sê.

Hy het ook uit ’n be­ë­dig­de ver­kla­ring van Sa­man­tha voor­ge­lees waar­in sy sê die aan­kla­ers in Dun­dee wou haar en haar sus­ter nie ver­volg nie om­dat daar een­stem­mig­heid was dat dit ’n si­vie­le aan­ge­leent­heid is.

Van die susters se ver­meen­de slag­of­fers sê hul­le suk­kel al ja­re om die o­wer­he­de in Dun­dee te oor­reed om straf­reg­te­li­ke stap­pe teen hul­le te doen.

Die susters se hof­ver­sky­ning spruit uit ’n voor­val waar­in ’n in­wo­ner van Hoop­stad in 2015 ’n trek­ker­en­jin van R55 000 ge­koop het. Die en­jin is deur die De Beers op die in­ter­net ge­ad­ver­teer en die man het glo die geld be­taal, maar die en­jin is na be­we­ring nooit af­ge­le­wer nie.

Die po­li­sie het vroe­ër ge­sê die en­jin se waar­de is R550 000, maar vol­gens Radebe is dit R55 000.

Die susters en hul pa, Mal­colm, be­dryf ’n maat­skap­py wat en­jins en grond­ver­skui­wings­toe­rus­ting ver­koop.

Lau­ra Co­le, ei­e­naar van ’n werk­win­kel in Pi­ne­town en een van die kla­ers, sê sy het in No­vem­ber 2015 by die AMT-maat­skap­py in Dun­dee ’n en­jin vir ’n vrag­mo­tor ge­koop.

Co­le se klant, ’n ver­voer­kon­trak­teur, het R95 000 aan haar oor­be­taal om die en­jin vir sy vrag­mo­tor te koop.

“AMT het ’n en­jin op die in­ter­net ge­ad­ver­teer en ek het dit ge­koop vir my klant, wie se vrag­mo­tor ge­breek het.

“Die en­jin is nooit af­ge­le­wer nie en my klant het sy ver­voer­kon­trak weens hul op­tre­de ver­loor,” sê Co­le.

Die susters moet weer op 9 Ok­to­ber in Hoop­stad in die hof ver­skyn. Die staat het aan die hof ge­sê daar sal dan ’n da­tum ge­gee word wan­neer die sen­tra­le ver­hoor van al die klag­te gaan be­gin.

Die land­dros het die staat ge­waar­sku dat hy die saak van die rol sal skrap in­dien dit nie ge­beur nie.

Mlotshwa tree in op­drag van Me­lo­kuhle S­ha­ban­gu-pro­ku­reurs van Dun­dee op.

Fo­to: A­LET VAN DER WALT

Die De Beers wag bui­te die hof in Hoop­stad dat die hof­ver­rig­tin­ge be­gin. Van links is hul pro­ku­reur, Me­lo­kuhle S­ha­ban­gu, Sa­man­tha, Be­lin­da en hul pa, Mal­colm. Heel regs is ’n ge­sins­vriend.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.