Ju­we­liers­win­kels loop deur on­der ro­wers

Beeld - - Nuus - Ren­eil­we Dhludhlu

Ro­wers het gis­ter op min­stens twee win­kel­sen­trums in Gau­teng toe­ge­slaan.

In die Crad­les­to­ne-win­kel­sen­trum aan die Wes-Rand het Ge­rald Gross, be­stuur­der van die John Do­ry’s-re­stau­rant, die eet­plek as ’n plek van vei­lig­heid aan­ge­bied na­dat ro­wers om­streeks 13:30 op die ju­we­liers­win­kel Bro­wns toe­ge­slaan het.

Gross sê dit was ’n ge­wo­ne dag, tot­dat hy skie­lik sko­te ge­hoor het.

“Ek was in die kom­buis toe die eer­ste skoot af­ge­gaan het. Ek was nie se­ker op wat­ter ver­die­ping dit was nie, maar ek het ge­weet iets is aan die gang. Al waar­oor ek be­kom­merd was, was my per­so­neel en klan­te.”

Hy sê hy het toe be­gin om al­mal na sy eet­plek te roep. “’n He­le ska­re het in­ge­kom. Al­les het vir so­wat 15 mi­nu­te tot stil­stand ge­kom. Na­dat die ro­wers weg is, het van my klan­te weg­ge­loop son­der om hul kos te eet. Hul­le was te ge­skok.”

Werk­ne­mers van die kof­fie­kroeg Fe­go Caf­fé oor­kant die ju­we­liers­win­kel sê hul­le het nie veel van die voor­val ge­sien nie om­dat hul­le kom­buis toe ge­hard­loop het toe hul­le die ge­weer­sko­te ge­hoor het.

“Jy kan nie net staan en kyk nie, nie ter­wyl jy dink jy gaan nou dood­gaan nie,” sê een van hul­le.

Sy sê hul­le het in die kom­buis gaan skuil en is ge­skok oor die skie­te­ry.

Vol­gens hul­le is die win­kel stil ná die voor­val.

Al­bert Ma­ree, be­stuur­der van die ju­we­liers­win­kel, sê agt ro­wers het op die win­kel toe­ge­slaan ter­wyl daar twee klan­te in die win­kel was.

Vol­gens hom het hul­le die

win­kel se vei­lig­heids­wag met ’n vuur­wa­pen oor die kop ge­slaan.

“Hy is be­seer en hos­pi­taal toe ge­neem. Ons weet nog nie wat sy toe­stand is nie.”

I­ne­ke van Huys­steen, ER24-woord­voer­der, sê die vei­lig­heids­wag (33) het ma­ti­ge be­se­rings op­ge­doen.

Vol­gens Van Huys­steen is ’n swan­ger vrou ook hos­pi­taal toe ge­neem vir me­die­se be­han­de­ling. Geen an­der be­se­rings is aan­ge­meld nie.

Ma­ree sê die ro­wers het na die win­kel se ven­sters ge­skiet, maar geen klant is be­seer nie. Hul­le het ook niks ge­steel nie.

Gross sê die ro­wers het in ’n sil­wer Au­di weg­ge­kom.

Die Mall of the South in Jo­han­nes­burg is gis­ter om­streeks 10:15 be­roof.

Kapt. Ma­vela Ma­son­do, pro­vin­si­a­le po­li­sie­woord­voer­der, sê drie ro­wers het ’n ju­we­liers­win­kel by dié win­kel­sen­trum be­roof.

Hul­le het met sel­fo­ne en ju­we­liers­wa­re weg­ge­kom. Die waar­de daar­van is nog on­be­kend.

“Ons weet nog nie of daar ’n ska­kel tus­sen dié roof­tog­te is en of dit die­self­de ro­wers is nie, maar dit vorm deel van die on­der­soek,” sê Ma­son­do.

Nie­mand is nog in heg­te­nis ge­neem nie en die po­li­sie on­der­soek sa­ke­roof by al­bei win­kel­sen­trums.

Fo­to’s: LI­SA HNATOWICZ

Die Crad­les­to­ne­win­kel­sen­trum aan die Wes­Rand.

Ge­rald Gross, be­stuur­der van die John Do­ry’s­re­stau­rant.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.