Am­bu­lans kan seun 1 500 km na pa vat

Beeld - - Nuus - Ma­rie­tie Louw­Car­stens

Jor­dan Ven­ter (15), ’n leer­ling aan die Paul Roos Gim­na­si­um in S­tel­len­bosch wat op pad te­rug van ’n va­kan­sie in Mo­sam­biek baie erns­tig in ’n on­ge­luk be­seer is, is steeds in die hos­pi­taal in M­bom­be­la (Nel­spruit) in M­pu­ma­lan­ga.

Pie­ter Ven­ter, sy pa, sê dit gaan al be­ter met hom en dat hy uit die waak­een­heid na ’n pri­va­te saal in die Me­di­cli­nic Nel­spruit oor­ge­plaas is.

Die kra­ni­ge sport­man se bek­ken is ge­breek, sy s­ke­del is ge­kraak en een van sy lon­ge is be­seer in die on­ge­luk so­wat twee we­ke ge­le­de op die N4 tus­sen Ma­la­la­ne en Hec­tor­spruit in M­pu­ma­lan­ga.

“Hy moet min­stens ses we­ke lank lê,” het sy pa ge­sê.

Jor­dan sal moont­lik Woens­dag per am­bu­lans na Ge­or­ge, ge­neem word. Sy pa woon daar.

Die af­stand tus­sen M­bom­be­la en Ge­or­ge is so­wat 1 500 km.

“Dok­ters sê hy sal nie Ge­or­ge toe kan vlieg nie.”

Sy ma, Gil­li­an Clar­ke (47), wat ook in die on­ge­luk be­seer is, is nog in ’n erns­ti­ge toe­stand in die Me­di­cli­nic Nel­spruit.

Ven­ter sê sy ge­we­se vrou sal dié week weer ge­o­pe­reer word. Een van haar skou­ers, ’n en­kel en haar rib­be is ge­breek. Sy is ver­le­de week ge­o­pe­reer om le­wer­bloe­ding te stop.

Clar­ke se vriend van die af­ge­lo­pe se­we jaar, Hein­rich Kie­ser (48), ’n sa­ke­man van P­re­to­ria, en sy twee seuns, Chris­ti­an (15) en Al­din (12), is in die on­ge­luk dood.

Die vyf was op pad te­rug van va­kan­sie in Mo­sam­biek toe Kie­ser se sil­wer Toyo­ta Rav4 tromp­op ge­bots het met ’n vrag­mo­tor, wat glo vir ’n mo­tor uit­ge­swaai het.

Kie­ser en sy twee seuns is Don­der­dag in P­re­to­ria be­gra­we.

I­tha Kie­ser, Chris­ti­an en Al­din se ma, het ge­sê sy is te ge­trau­ma­ti­seerd om oor haar ver­lies te praat.

Sy en Hein­rich was ver­vreem.

“Dit is ’n baie moei­li­ke tyd vir my. My drie ge­sins­le­de is dood,” het sy per W­hat­sApp ge­sê.

Kie­ser is die pro­duk­sie re­dak­teur van die tyd­skrif Wild & Jag.

Fo­to: FA­CE­BOOK

Jor­dan Ven­ter (15), ’n leer­ling aan die Paul Roos Gim­na­si­um in S­tel­len­bosch, in die Me­di­cli­nic in M­bom­be­la. By hom is Hein K­riek, ’n oud­rug­by­af­rig­ter van hom.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.