Po­li­sie­le­de be­dank op ’n streep

Beeld - - Nuus - – Ma­rie­tie Louw­Car­stens

Se­dert Ja­nu­a­rie 2016 het 15 po­li­sie­le­de van die Ses­he­go-po­li­sie­kan­toor bui­te Po­lo­kwa­ne be­dank.

Kat­le­go P­ha­la, DA-lid van die Lim­po­po-wet­ge­wer, sê dit is kom­mer­wek­kend om­dat Ses­he­go se mis­daad­sy­fer hoog is.

Vol­gens die nuut­ste syfers is 6 634 mis­da­de, waar­on­der moord, po­ging tot moord, aan­ran­ding, in­braak en ver­krag­ting, in die af­ge­lo­pe boek­jaar by die Ses­he­go-po­li­sie­kan­toor aan­ge­meld.

Die Ses­he­go-po­li­sie­kan­toor het slegs 37 le­de wat on­der­soe­ke kan doen.

P­ha­la sê sy is ook be­kom­merd oor die te­kort aan voer­tuie by die po­li­sie­kan­toor.

Nan­di N­da­la­ne, LUR vir vei­lig­heid en po­li­sie in Lim­po­po, het in ’n ge­skre­we ant­woord in die Lim­po­po-wet­ge­wer ge­sê daar is 20 voer­tuie.

“Dit is te min om die groei­en­de ge­meen­skap te dien. Ons kry klag­tes van die ge­meen­skap dat die po­li­sie nie na mis­daad­to­ne­le kan ry nie om­dat daar te min voer­tuie is,” het P­ha­la ge­sê.

Vol­gens P­ha­la moet N­da­la­ne ook drin­gend iets doen om meer hulp­bron­ne vir die Po­lo­kwa­ne- en die Man­k­weng-po­li­sie, so­wat

30 km bui­te die stad, te kry.

Die Man­k­weng-po­li­sie­kan­toor het net 40 po­li­sie­le­de en 26 voer­tuie.

Vol­gens po­li­sie­sy­fers is 5 631 mis­da­de in die af­ge­lo­pe boek­jaar hier aan­ge­meld.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.