Mu­ni­si­pa­le fi­nan­si­ë­le hoof ‘tans bes­te’

Beeld - - Nuus - – Su­san Cil­liers

Die waar­ne­men­de fi­nan­si­ë­le hoof van die Tlok­we-Ven­ters­dorp-mu­ni­si­pa­li­teit het tien jaar er­va­ring in fi­nan­si­ë­le be­stuur en is tans die bes ge­kwa­li­fi­seer­de amp­te­naar vir die pos.

So het Wil­lie Map­ho­sa, mu­ni­si­pa­le woord­voer­der, ge­sê in re­ak­sie op die DA se kom­mer oor die aan­stel­ling van C.W.K K­go­sie­mang as waar­ne­men­de fi­nan­si­ë­le hoof.

K­go­sie­mang se aan­stel­ling is ver­le­de week on­danks teen­stand van op­po­si­sie­par­tye op ’n spe­si­a­le raads­ver­ga­de­ring goed­ge­keur.

Neels Coet­zer, die DA se hoof­sweep in dié mu­ni­si­pa­li­teit wat Ven­ters­dorp en Pot­chef­stroom be­dien, het vroe­ër ge­sê mu­ni­si­pa­le wet­te ver­eis dat ’n waar­ne­men­de of per­ma­men­te fi­nan­si­ë­le hoof van ’n mu­ni­si­pa­li­teit met ’n be­gro­ting van meer as R500 mil­joen (soos Tlok­we-Ven­ters­dorp) min­stens ’n vlak 7- na­si­o­na­le kwa­li­fi­ka­sie-raam­werk (NKR) moet hê.

“K­go­sie­mang het wel ’n BCom­graad, maar is steeds op ’n vlak 6.

“Die ou­di­teur-ge­ne­raal (OG) ver­wys in sy ver­slag oor die Ven­ters­dorp-mu­ni­si­pa­li­teit daar­na dat die o­pen­ba­re be­sker­mer dié mu­ni­si­pa­li­teit se fi­nan­si­ë­le af­de­ling vir wan­be­stuur on­der­soek. K­go­sie­mang was hoof van dié af­de­ling toe die be­weer­de on­ge­rymd­he­de plaas­ge­vind het.”

Map­ho­sa het ge­sê K­go­sie­mang sal hoog­stens drie maan­de in die pos waar­neem “ter­wyl die pro­ses aan die gang is om ie­mand per­ma­nent aan te stel. Hy ont­ken e­ni­ge on­ge­rymd­he­de by sy des­tyd­se de­par­te­ment in Ven­ters­dorp, maar sy pro­ku­reurs han­teer die saak”.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.