Man lei po­li­sie na ver­mis­te jok­kie se lyk

Beeld - - Nuus -

’n Man (34) sal van­dag op aan­klag van moord in die Jo­han­nes­burg­se land­dros­hof ver­skyn na­dat hy na be­we­ring ’n 24-ja­ri­ge jok­kie ver­moor en sy lyk ver­brand het.

B­rig. Vishnu Nai­doo, po­li­sie­woord­voer­der, sê die ver­dag­te is Vry­dag aan­ge­keer, waar­na hy hul­le ge­lei het na die to­neel waar hy na be­we­ring van die jok­kie se lyk ont­slae ge­raak het.

Die jong jok­kie is as ver­mis aan­ge­meld na­dat hy Maan­dag van die Turf­fon­tein-re­sies­baan ver­dwyn het.

Le­de van die na­si­o­na­le mis­daad in­tel­li­gen­sie-een­heid het die Booy­sens-po­li­sie van in­lig­ting voor­sien wat tot die ver­dag­te ge­lei het.

Die ver­dag­te het die po­li­sie ná sy in­heg­te­nis­ne­ming ge­lei na ’n plek in Be­no­ni, waar hy na be­we­ring van die lyk ont­slae ge­raak het. Die po­li­sie het op die to­neel die ver­kool­de oor­skot van ’n mens aan­ge­tref. Die i­den­ti­teit van die oor­le­de­ne sal met be­hulp van ’n DNS-ont­le­ding vas­ge­stel word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.