Wis­kun­de los, sal nie help

‘Ont­le­den­de den­ke no­dig’

Beeld - - Nuus - Han­nes Kru­ger

Leer­lin­ge wat nie wis­kun­de kan doen nie, sal waar­skyn­lik ook met rekeningkunde suk­kel.

So sê El­sje Kru­ger,’ n ken­ner van die re­ke­ning­kun­de­kur­ri­ku­lum, oor die de­par­te­ment van ba­sie­se on­der­wys se voor­stel dat wis­kun­de nie meer ’n ver­eis­te moet wees om rekeningkunde as vak te kan neem nie.

Tans moet leer­lin­ge in gr. 10 kies tus­sen wis­kun­de en wis­kun­di­ge ge­let­terd­heid. As ’n leer­ling rekeningkunde as vak wil neem, moet hy of sy wis­kun­de hê.

Dié met wis­kun­di­ge ge­let­terd­heid kan nie rekeningkunde neem nie.

“Leer­lin­ge wat nie wis­kun­de in gr. 10 tot 12 neem nie, doen dit om­dat hul­le nie daar­voor aan­ge­lê is nie. Dit be­te­ken dat hul­le waar­skyn­lik ook suk­kel om ont­le­dend te dink. Om rekeningkunde suk­ses­vol te kan doen, moet jy ab­so­luut ont­le­dend kan dink,” sê Kru­ger.

Die de­par­te­ment van ba­sie­se on­der­wys het wis­kun­de ver­plig­tend ge­maak om rekeningkunde te kan neem, maar sê nou hy het op­ge­merk dit het ’n “ne­ga­tie­we uit­wer­king” ge­had en dat min­der leer­lin­ge rekeningkunde neem.

Die de­par­te­ment sê leer­lin­ge wat ’n kur­sus wil volg waar­voor rekeningkunde voor­de­lig is, maar wis­kun­de nie ’n ver­eis­te is nie, word “te na ge­kom en hul op­sies ná skool word be­perk”.

Leer­lin­ge word eg­ter steeds aan­ge­moe­dig om wis­kun­de te neem in­ge­val hul­le dalk ’n kur­sus wil volg waar­voor dit ’n ver­eis­te is.

An­gie Mots­hek­ga, mi­nis­ter van ba­sie­se on­der­wys, het die voor­ge­stel­de wy­si­ging van die Suid-A­fri­kaan­se S­ko­le­wet op 21 Ju­lie in die S­taats­koe­rant af­ge­kon­dig. Le­de van die pu­bliek het tot 4 Au­gus­tus tyd om kom­men­taar op die voor­ge­stel­de wy­si­ging te le­wer.

Kru­ger sê dit is so dat al hoe min­der leer­lin­ge rekeningkunde neem, maar deur wis­kun­de nie meer ’n ver­eis­te te maak nie, gaan die pro­bleem nie op­ge­los word nie.

“Die kans is dan goed dat leer­lin­ge wat nie ont­le­dend kan dink nie rekeningkunde gaan neem.

“Hul­le sal dan reg­tig baie aan­dag moet kry en baie moei­te moet doen om die vak on­der die knie te kry.”

Sy sê die mees­te re­ke­ning­kun­di­ge stu­die­rig­tings aan u­ni­ver­si­tei­te stel in elk ge­val net wis­kun­de as toe­la­tings­ver­eis­te, on­der­meer“om­dat wis­kun­de so’ n goeie aan­dui­ding is van of leer­lin­ge ont­le­dend kan dink”.

Vol­gens die Noord­wes-U­ni­ver­si­teit se web­tuis­te moet leer­lin­ge 60% vir wis­kun­de in ma­triek be­haal het om in aan­mer­king vir re­ke­ning­kun­di­ge stu­die­rig­tings te kom.

Die u­ni­ver­si­teit se ge­ok­trooi­eer­de-re­ken mees­ter stu­den­te van ver­le­de jaar het in hul eer­ste raads­ek­sa­men van­jaar die bes­te in die land ge­vaar.

Kom­men­taar en voor­stel­le oor die af­skaf­fing van wis­kun­de as ver­plig­te vak om rekeningkunde in gr. 10 te neem, kan ge­stuur word aan S.P. Go­ven­der, hoof­di­rek­teur, vir die aan­dag van Flo­ren­ce Mo­di­pa, Pri­va­te sak X895, P­re­to­ria 0001 of per faks na 012 328 9828 of per e-pos na mo­di­pa.f@dbe. gov.za.

Al­le kon­tak­be­son­der­he­de moet in­ge­sluit word.

An­gie Mots­hek­ga

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.