Grond­wet geld ook pri­va­te sko­le

Beeld - - Nuus - Han­nes Kru­ger

Pri­va­te sko­le is pre­sies die­self­de as o­pen­ba­re sko­le wat die op­stel van skool­re­ëls en dis­si­pli­nê­re be­leid be­tref. Dit is on­der­wor­pe aan die Grond­wet.

So sê prof. El­da de Waal, on­der­wys reg ken­ner aan die Noord­wes-U­ni­ver­si­teit se E du-Rig h t-na­vor­sings en­ti­teit.

“Dit maak nie saak waar­oor dit by ’n skool gaan nie, die be­pa­ling is dui­de­lik dat geen skool – dit wil sê ook nie ’n pri­va­te skool nie – op e­ni­ge ma­nier die op­per­ge­sag van ons Grond­wet mag ig­no­reer nie,” sê De Waal.

Sy het ge­re­a­geer op die jong­ste her­rie oor re­ëls oor ha­re by die Wind­sor Hou­se A­ca­de­my, ’n pri­va­te ho­ër­skool vir mei­sies in Kemp­ton Park.

Ver­skeie leer­lin­ge daar is ver­le­de Maan­dag huis toe ge­stuur om­dat hul haar­styl vol­gens die hoof nie reg was nie.

Pa­ny­a­za Le­su­fi, Gau­teng­se LUR vir on­der­wys, het die skool Dins­dag be­soek. Die mei­sies het on­der meer aan hom ge­sê hul reg op toe­gang tot on­der­wys is ge­skend deur­dat hul­le huis toe ge­stuur is.

“Dis on­vei­lig. Ons bly ver. Ons ou­ers werk en kan ons nie kom haal nie. Ons het ook nie sel­fo­ne nie. Dis on­bil­lik van die skool om ons son­der ’n reg­ver­di­ge tug­ver­hoor net so op straat te los,” het ’n mei­sie ge­sê.

Ma­riet­te van Heer­den (69), skool­hoof, het ge­sê die leer­lin­ge het wel Maan­dag die op­sie ge­had om in ’n ver­trek by die skool te bly of huis toe te gaan.

De Waal sê al­le sko­le moet hul­self weer die vol­gen­de vrae af­vra:

Gee die skool er­ken­ning aan die ry­ke kul­tuur ver­skei­den­heid van ons leer­lin­ge oor die al­ge­meen?

Is die leer­lin­ge be­trok­ke by die op­stel van skool­re­ëls?

Praat die leer­ling­raad met die skool oor leer­lin­ge se be­le­we­nis en be­kom­mer­nis­se?

Weet die skool dat die Grond­wet ver­wys na die stre­we om ’n Suid-A­fri­ka te skep wat “ver­e­nig in ons ver­skei­den­heid” is?

Dra die skool ken­nis van al­ge­me­ne grond­wet­li­ke be­gin­sels, soos die reg op mens­waar­dig­heid en die be­let­sel op on­reg­ver­di­ge dis­kri­mi­na­sie?

Le­su­fi moes ook ver­le­de week by die pri­va­te skool St. John’s Col­le­ge in Jo­han­nes­burg in­gryp en het op­drag ge­gee dat ’n on­der­wy­ser wat ras­sis­tie­se uit­la­tings in die klas ge­maak het, af­ge­dank word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.