S­torm­loop by sok­ker: Dié 2 sterf

Beeld - - Nuus - Ren­eil­we Dhludhlu

P­rin­ce C­hau­ke (30) en Jo­han­nes­burg N­ko­si (31) is die twee mans wat Sa­ter­dag­mid­dag in die s­torm­loop in die F N B-sta­di­on dood is na­dat sok­ker on­der­steu­ners by­een van die hek­ke in­ge­storm het.

Ver­vals­te kaar­tjies is vir die So­we­to Der­by tus­sen die sok­ker­span­ne van Or­lan­do Pi­ra­tes en Kai­zer C­hiefs in die Car­ling Black La­bel-be­ker ver­koop. Al die kaar­tjies was reeds twee we­ke ge­le­de ver­koop.

Vol­gens die Gau­teng­se po­li­sie was daar om­streeks 15:45, 15 mi­nu­te na­dat die wed­stryd be­gin het, ’n groot aan­tal kaart­jie­hou­ers wat by die draai­hek­ke tou­ge­staan het.

Vei­lig­heids­wag­te het die toe­loop van toe­skou­ers by hek­ke 14 en 15 ge­mo­ni­tor. So­wat 100 men­se het skie­lik deur hek 15 die sta­di­on in­ge­stroom.

“Men­se het ge­val en is ver­trap deur dié wat van ag­ter aan­ge­hard­loop ge­kom het,” sê die po­li­sie.

C­hau­ke en N­ko­si is op slag dood. ’n An­der toe­skou­er is in ’n kri­tie­ke toe­stand in ’n hos­pi­taal en nog 19, on­der wie ’n kind, is lig be­seer.

Die wed­stryd het on­danks dié voor­val voort­ge­gaan. Ja­c­ques Grob­be­laar, uit­voe­ren­de hoof van Sta­di­um Ma­na­ge­ment South A­fri­ca (SMSA), het Sa­ter­dag kort ná die wed­stryd aan die me­dia ge­sê daar is wel oor­weeg om die wed­stryd uit te stel.

Die po­li­sie sê twee oog­ge­tui­es be­weer hul­le het ge­sien hoe die vei­lig­heids­wag­te die hek oop­maak. Hul­le sal met die on­der­soek help.

’n Ge­reg­te­li­ke on­der­soek sal ge­doen word.

Faith Ma­zi­bu­ko, Gau­teng­se LUR vir s­port, kuns, kul­tuur en ont­span­ning, het haar me­de­lye met C­hau­ke en N­ko­si se fa­mi­lies be­tuig.

“Ons wil graag ons me­de­lye met die fa­mi­lies, vrien­de en die he­le sok­ker ge­meen­skap weens die on­ge­luk­ki­ge le­wens­ver­lies be­tuig,” sê Ma­zi­bu­ko.

Sy het die be­seer­des ’n spoe­di­ge her­stel toe­ge­wens.

Fo­to: GALLO IMAGES

Sok­ker­gees­drif­ti­ges Sa­ter­dag in die oor­vol FNB­sta­di­on, waar twee men­se in ’n s­torm­loop dood is.

’n Po­li­sie­lyks­wa kom haal die twee oor­le­de­nes Sa­ter­dag­aand.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.