Mu­ga­be ver­trou g’n op­vol­ger om op­po­si­sie te ver­slaan

Beeld - - Nuus - Frank C­hi­ko­wo­re, News24

Pres. Ro­bert Mu­ga­be van Zim­bab­we het nog nie plan­ne om uit te tree nie on­danks sy ge­vor­der­de ou­der­dom en kom­mer oor sy ge­sond­heid.

Mu­ga­be (93) het aan dui­sen­de on­der­steu­ners van die re­ge­ren­de Za­nu-PF-par­ty op ’n by­een­koms by die C­hin­hoyi-U­ni­ver­si­teit van Teg­no­lo­gie ge­sê hy is nog in staat om pre­si­dent te wees.

’n S­keu­ring dreig in sy par­ty om­dat hy nog nie ’n op­vol­ger aan­ge­wys het wat ná 39 jaar in sy voet­spo­re moet volg nie.

Mu­ga­be sê hy bly in sy pos om­dat sy par­ty erg ver­deeld is. Hy het dus nie ver­troue in e­ni­ge an­der Za­nu-PF-lid om in die ver­kie­sing vol­gen­de jaar teen Mor­gan Ts­van­gi­rai, lei­er van die hoof op­po­si­sie­par­ty, die MDC, te staan nie. “Die MDC sal mak­lik wen as ie­mand nuuts teen Ts­van­gi­rai te staan kom.”

“Som­mi­ge men­se sê die pre­si­dent is op pad, maar ek gaan nê­rens heen nie. Som­mi­ge sê ek is be­sig om dood te gaan, maar ek gaan nie dood nie,” het Mu­ga­be ge­sê.

Za­nu-PF is in twee dui­de­li­ke fak­sies ver­deel.

Een fak­sie word vol­gens ge­rug­te deur Em­mer­son M­nang­ag­wa, Mu­ga­be se ad­junk, ge­lei. Die an­der fak­sie, wat uit Jong Tur­ke be­staan, hoop dat Gra­ce Mu­ga­be, die pre­si­dent se vrou, die nu­we lei­er word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.