Moe­nie blaam aan kleur kop­pel

Beeld - - Kommentaar - Jo­han­nes Fro­ne­man Prof. Fro­ne­man is aan die Noord­wes U­ni­ver­si­teit ver­bon­de.

Al die wan­be­stuur van die laas­te de­ka­des het ons al so ge­kon­di­si­o­neer dat ram­pe, on­ge­luk­ke en drei­gen­de ban­krot­skap­pe van eens sterk staats­in­stel­lings mak­lik on­na­den­kend toe­ge­skryf word aan ver­laag­de stan­daar­de en daar­die post-1994-werk­lik­heid: reg­stel­len­de ak­sie.

Dit im­pli­seer vir baie men­se dat on­be­voeg­de en/of on­er­va­re men­se van kleur voor­ty­dig in po­si­sies van ge­sag ge­plaas is. Ek stel dit ef­fe kras, maar is dit nie in baie ge­val­le waar nie?

Wan­neer twee trei­ne bots, is dit tog waar­aan baie wit men­se dink, of hoe? Of wan­neer ka­bel­kar­re­tjies by Hart­bees­poort­dam steeks raak en men­se hoog en droog bo die aar­de moet wag op red­ding, dink ons mak­lik in ’n be­paal­de rig­ting. En wan­neer nog ’n staats­in­stel­ling met mil­jar­de uit die be­las­ting­be­ta­ler se sak ge­red moet word, “weet” ons tog waar­om.

Hier­die “we­te” lees ek raak in SMS­ko­lom­me en brie­we, ek sien dit in men­se se oë en ge­waar dit, tot my skaam­te, soms in my eie ge­moed – al is dit net vir ’n oom­blik.

Al­les het voor 1994 mos voor die wind ge­gaan. En in die bui­te­land ge­beur on­ge­luk­ke weens slor­dig­heid, swak op­lei­ding en der­ge­li­ke“der­de­wê­reld se” re­des glad nie. Di tis die kras­se, oor­ver­een­vou­dig de ste­re­o­ti­pe wat ons al­te mak­lik ver­troe­tel. Die trein­on­ge­luk­ke in Duits­land word mis­ge­kyk , die kor­po­ra­tie­we kor­rup­sie in S­wit­ser­land raak ons nie reg­streeks nie en die be­denk­li­ke op­tre­de van po­li­ti­ci in Suid-Ko­rea glip mak­lik by ons ver­by.

Na­tuur­lik is hier­die se­lek­tie­we waar­ne­mings ’n mis­tas­ting. Ons het nog al­tyd ons kwo­ta on­ge­luk­ke, mens­ge­maak­te ram­pe en be­dryfs­fla­ters ge­had – soos in daar­die lan­de wat ons graag as toon­aan­ge­wend be­skou. Ont­hou, NP­mi­nis­ters is ook tronk toe.

Die pro­bleem is dat die post-1994-era al ’n baie lang lys stom­mi­tei­te op­ge­le­wer het wat die ras­sis­tie­se ste­re­o­ti­pe oor swak be­stuur deur men­se van kleur ver­sterk. Die SAUK, SAL, E­s­kom, Pra­sa . . . noem maar op.

Daar is in­der­daad ’n lang lys re­des waar­om Suid-A­fri­ka­ners steeds jaar­liks by die dui­sen­de e­mi­greer. Om dit te pro­beer ont­ken of ge­ring­skat, is ’n ont­ken­ning van die werk­lik­heid.

Maar waar laat die ou­to­ma­tie­se blaam­pla­sing ons? Dit is die keer­sy van som­mi­ge ge­kleur­de land­ge­no­te se pla­sing van al­le blaam op a­part­heid, dus wit­men­se.

Hier­die ras­sis­tie­se blaam­pla­sing is ’n kan­ker. Feit is dat fou­te, fla­ters en kor­rup­sie nie die pre­ro­ga­tief van ge­kleur­des is nie. Dat die staats­be­stel oor­heers word deur men­se van kleur, is so. En dat die pro­mi­nent­ste droog­ma­kers men­se van kleur is, is ’n de­mo­gra­fie­se nood­wen­dig­heid.

Maar dit is ook so dat swart men­se van­dag die mees pro­mi­nen­te op­po­nen­te van kor­rup­sie en die kul­tuur van treu­rig­heid ge­word het. Hul­le lei die par­tye wat teen die ANC op­staan en selfs in die ANC is daar ’n groei­en­de groep wat pres. Ja­cob Zu­ma op­po­neer. Deur dit te doen, ver­werp hul­le die kor­rup­te kul­tuur.

Daar­mee sê ek nie dat ons pro­ble­me op­ge­los sal word wan­neer die “goeie ANC” oor­neem nie. Die kul­tuur van knoei en skep is diep ge­wor­tel. Maar die ANC ver­teen­woor­dig nie al­le swart men­se nie. Kor­rup­sie en treu­rig­heid word deur men­se van al­le be­vol­kings­groe­pe ver­werp.

Ons skuld al­le me­de-Suid-A­fri­ka­ners wat streef na uit­ne­mend­heid, wat kor­rup­sie ver­werp en soek na ’n bil­li­ke sa­me­le­wing waar­in ons kin­ders saam kan ge­dy, die­self­de re­spek as wat ons vir ons­self op­eis.

’n Be­lang­ri­ke kom­po­nent van daar­die re­spek is om nooit blaam aan kleur te kop­pel nie. kan­ker. Feit is dat fou­te, fla­ters en kor­rup­sie nie die pre­ro­ga­tief van ge­kleur­des is nie. Dat die staats­be­stel oor­heers word deur men­se van kleur, is so. En dat die pro­mi­nent­ste droog­ma­kers men­se van kleur is, is ’n de­mo­gra­fie­se nood­wen­dig­heid.

Maar dit is ook so dat swart men­se van­dag die mees pro­mi­nen­te op­po­nen­te van kor­rup­sie en die kul­tuur van treu­rig­heid ge­word het. Hul­le lei die par­tye wat teen die ANC op­staan en selfs in die ANC is daar ’n groei­en­de groep wat pres. Ja­cob Zu­ma op­po­neer. Deur dit te doen, ver­werp hul­le die kor­rup­te kul­tuur.

Daar­mee sê ek nie dat ons pro­ble­me op­ge­los sal word wan­neer die “goeie ANC” oor­neem nie. Die kul­tuur van knoei en skep is diep ge­wor­tel. Maar die ANC ver­teen­woor­dig nie al­le swart men­se nie. Kor­rup­sie en treu­rig­heid word deur men­se van al­le be­vol­kings­groe­pe ver­werp.

Ons skuld al­le me­de-Suid-A­fri­ka­ners wat streef na uit­ne­mend­heid, wat kor­rup­sie ver­werp en soek na ’n bil­li­ke sa­me­le­wing waar­in ons kin­ders saam kan ge­dy, die­self­de re­spek as wat ons vir ons­self op­eis.

’n Be­lang­ri­ke kom­po­nent van daar­die re­spek is om nooit blaam aan kleur te kop­pel nie. Prof. Fro­ne­man is aan die Noord­wes U­ni­ver­si­teit ver­bon­de.

Comments

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.