Gup­ta­kom­plot dwing jou om hul blad te lees

Beeld - - Kommentaar - Blou­wil­le­maan­dag

Ek ly nou nog aan ka­fe­ïen­ver­gif­ti­ging ná ver­le­de Maan­dag se be­proe­wing daar op oom Ol­lie se lug­ha­we toe ons vier uur laat weg is Kaap toe weens dig­te mis wat nie een van ons uit die lug­ha­we­ge­bou kon sien nie.

Ge­luk­kig nie Mek­ka toe nie, en ag, wie wil nou vroeg­dag op ’n ou plek­kie soos Kaap­stad ar­ri­veer as jy lek­ker aan die Oos-Rand se rook kan sit en teug?

Die eer­ste keer, so skuins ná se­we, tree jy vol ver­wag­ting by hek A9 aan, net om ag­ter te kom dat jou vlug on­be­paald uit­ge­stel is.

Jy kan nie ’n woord volg wat daai vrou heel­tyd oor die luid­spre­kers skree of selfs ag­ter­kom in wat­ter taal sy skree nie of hoe­kom ’n lug­ha­we in Suid-A­fri­ka ie­mand met ’n spraak­ge­brek kry om af­kon­di­gings in Zoe­loe­ryns te doen nie.

Jy sien net al­mal draai om en strom­pel weer na die naas­te kof­fie­win­kel (wat nou oor­vol is van don­der­weer­ge­sig­te wat vir hul ba­se op pap sel­fo­ne pro­beer ver­dui­de­lik hoe­kom hul­le nie be­tyds gaan wees nie).

Jy vra ’n jong ou­tjie om op die in­ter­net te kyk wat aan­gaan, want op jou ou foon­tjie is net ska­du­net en hy frons en sê dit lyk vir hom die nu­we “es­ti­ma­ted” vlieg­tyd is nou

9:45.

Jy storm ná nog drie kof­fies te­rug na hek A9 toe, net om uit te vind dat jou hek nou in D4 ver­an­der het. En jy hoop ie­mand het vir die vlie­ë­nier ook laat weet ons is nou by hek D4.

By daar­die hek moet jy hoor dat jou vlug wéér in die hek ge­duik het en jy loop lood­voet daar van dus­kant Del­mas te­rug kof­fie­win­kel toe.

Na­dat jy vroe­ër die og­gend al die an­der koe­ran­te van hoek tot kant deur­ge­lees het, word jy nou ge­dwing om die Gup­tas se ver­niet­koe­rant te moet lees en dis dan dat ’n Kroek­ta­kom­plot­te­o­rie in jou suw­we kop be­gin nes­maak. Ver­traag hul­le nie dalk met hul pêl­lies op die lug­ha­wens doel­be­wus ons vlug­te so­dat ons hul koe­rant moet lees nie?

Die der­de keer dat ons ’n “es­ti­ma­ted” tyd kry vir aan­tree, wag ek maar so on­ge­veer in die mid­del van die ver­trek­saal (hier­na ge­noem die bly­plek) tot­dat die don­der­weer ge­sig­te van my vlug van D4 af ver­by­s­toom na C17, wat ’n half­uur se vin­ni­ge gout-voet­draf­fie tot net dus­kant Boks­burg is. Teen dié tyd is die e­nig­ste sig­ba­re mis dié in ’n koei­kamp dus­kant Del­mas (na­by hek D4) en in die Kroek­tas se koe­rant. In die tou by C17 kom ’n be­amp­te­res ver­by om te kyk of el­ke pas­sa­sier ’n ID-boek, be­stuurslik­sens of ’n Kroek­ta­koe­rant het al­vo­rens jy op die vlug toe­ge­laat word.

Dis ná t­waalf en ons sit nou in die vlieg­tuig (wat staan). ’n Lug­meer­min ver­dui­de­lik dat die kap­tein ’n snaak­se ge­luid in die en­jin hoor.

“Wag jul­le nou vir ’n mek­kê­niek?” vra ’n oom.

“Nee, me­neer, hul­le soek ’n vlie­ë­nier wat nie die ge­luid kan hoor nie.”

‘‘

Die e­nig­ste sig­ba­re mis is dié in ’n koei­kamp dus­kant Del­mas (na­by hek D4) en in die Kroek­tas se koe­rant.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.