Woord­ry­ke es­says pro­beer te hard

Beeld - - Boeke - Nie­fik­sie Hed­ley T­wid­le

Self­be­wus­syn in ’n es­say is ’n deug. Self­be­wust­heid is ’n eu­wel. Self­ge­noeg­sa­me self­be­hept­heid is ’n dood­skoot.

Hier­die ver­sa­me­ling es­says dra on­ge­luk­kig swaar aan laas­ge­noem­de. ’n Hin­der­li­ke in­tel­lek­tu­e­le oor­be­ligt­heid en oor­dre­we slim­mig­heid is te be­speur, wat af­breuk doen aan die po­ten­si­eel uit­staan­de ta­lent wat deur die skry­wer se self­in­ge­no­me op­per­vlak­kors daar­van weer­hou word om te bot.

Die ge­volg is ’n on­ge­luk­ki­ge op­per­vlak­kig­heid wat strem­mend mee­werk daar­teen dat veel diep­te of vloei be­reik word. Dit kort­wiek die he­le po­ging.

Hed­ley T­wid­le do­seer En­gels aan die U­ni­ver­si­teit van Kaap­stad en be­skik oor ’n wye ver­wy­sings­raam­werk, uit­ste­ken­de a­ka­de­mie­se op­lei­ding, ’n puik woor­de­skat en, te oor­deel na die men­se wat hy as per­soon­li­ke klank­bor­de en in­vloe­de in sy be­dan­kings uit­son­der, ’n in­druk­wek­ken­de vrien­de­kring.

Twee van laas­ge­noem­de, te we­te die hoog aan­ge­skre­we Re­bec­ca Da­vis en Jon­ny S­tein­berg, gee trou­ens so hoog op oor hier­die ver­sa­me­ling es­says dat dit mens by­kans in­ti­mi­deer om met hul­le saam te stem.

By­kans, maar da­rem tog nie, hoor!

Die bun­del be­staan uit ne­ge re­la­tief uit­een­lo­pen­de es­says met ’n deur­lo­pen­de te­ma van i­den­ti­teit, plek en ver­vreem­ding. Dit is woord­ryk ge­skryf in ’n sa­me­vloei­ing van die es­say en die nu­we joer­na­lis­tiek – nie dat die New Jour­na­lism-gen­re in hier­die dae van so­si­a­le me­dia ge­dre­we mi­kro­golf kits joer­na­lis­tiek juis die nuut­ste mo­del ver­teen­woor­dig nie.

New Jour­na­lism word ge­ken­merk deur ’n sub­jek­tie­we, woord­ry­ke en nar­ra­tie­we skryf­styl met die klem op so­ge­naam­de die­per­lig­gen­de “waar­heid” eer­der as pa­ra­te fei­te, en ’n de­fi­ni­tie­we, lei­den­de rol vir die skry­wer as ver­tel­ler en be­trok­ke­ne.

Die ti­tel ver­wys ui­ter­aard na die swem­bad by pres. Ja­cob Zu­ma se wo­ning in N­kand­la en het ken­ne­lik ten doel om, deur hier­die staats­die­nen­de en on­sin­ni­ge ne­o­lo­gis­me, die es­says bin­ne kon­teks en plek – he­den­daag­se Suid-A­fri­ka met sy ge­beu­re, vreemd­he­de, hoop en kom­mer – te plaas.

Die eer­ste es­say is myns in­siens die swak­ste. Dit han­del oor groot­word, man­lik­heid, be­hoort en out­si­der­skap, met die vel en meer spe­si­fiek tie­ner-vel­pro­ble­me as me­ta­foor.

As sulks ver­ge­stalt dit die bun­del se krag, maar ver­al sy swak­heid. In Suid-A­fri­ka is dit slim om die vel en spe­si­fiek die on­sui­wer­heid van die vel as me­ta­foor te ge­bruik. Dis slim, maar dis te slim – dis hin­der­lik, oor­da­dig en oor­doen. Dis wat ons in my jeug “ge­d­dit, ge­d­dit”-oor­daad sou noem; die skry­wer pro­beer te hard, die me­ta­foor is te skel.

Die twee­de es­say is in­te­res­san­ter. Die an­ker is mu­siek, en spe­si­fiek die le­we en ster­we van die jazz­pi­a­nis Mo­ses Mo­le­le­kwa. Daar is twee te­kort­ko­min­ge. Die eer­ste is dat die de­le nie ge­noeg­saam aan­me­kaar­ge­stik of ge­raam is om ’n bin­den­de ge­heel te vorm nie, en die twee­de is dat die her­ha­ling van ’n spe­si­fie­ke fra­se ir­ri­te­rend oor­kom – nog­maals hin­der­li­ke, ge­for­seer­de oor­daad.

Der­de in die ry is ’n skaf­li­ke es­say wat fo­kus op die werk en per­so­na van J.M. Coet­zee. Maar waar­om, waar­om dit ont­sier met die oor­daad van die na­skrif? Ai!

Die vier­de es­say is soos ’n klip­pie in ’n poel wat rim­pe­lings maak. Die klip­pie is ’n fo­to van oud­pres. Nel­son Man­de­la as ge­van­ge­ne en die rim­pe­lings strek wyd, net om, soos se­ker voor­sien kon word, te ein­dig met ’n aan­ha­ling uit Ing­rid Jon­ker se “Die kind”.

Vyf­de in die bun­del is een van die be­ter by­dra­es, met die le­we van Di­mitri Ts­a­fen­das, die moor­de­naar van oud pre­mier Hen­drik Ver­woerd, as sen­tra­le ge­ge­we. Ts­a­fen­das, ’n i­den­ti­teit s ver­kleur­man­ne­tjie van die eer­ste wa­ter, is na­tuur­lik’ n goeie vas­meer plek om die ver­an­der­lik­heid en oor­vleu­e­ling van i­den­ti­teit van te be­skou.

Daar­na volg ’n nog­al lek­ker en on­pre­ten­si­eu­se ver­tel­ling van ’n stap­tog langs die Ot­ter-wan­del­pad, waar­in die li­be­raal se e­wi­ge stryd fi­gu­reer oor hoe om boer­ti­ge ras­sis­me te han­teer. Ons skram mos al­te ge­reeld daar­van weg en dink dan ná die tyd aan slim ant­woor­de, wan­neer dit te laat is.

Die se­wen­de es­say is die ver­ve­lig­ste, ba­sies ’n ar­gu­ment teen kern­krag.

Voor­laas­te vind mens uit­ein­de­lik ’n iet­wat af­ge­ram­mel­de maar baie goeie i­dee: Die skry­wer stap van die Kaap­se mid­de­stad na die lug­ha­we via die N2 en my­mer oor paaie.

Die bun­del word af­ge­sluit met ’n es­say wat die R­ho­des/Fees Must Fall-stu­den­te­be­we­ging as fon­da­ment het, en is ’n ste­wi­ge by­drae.

Maar in sy ge­heel het Fi­re­pool my nie oor­tuig nie.

Jan-Jan Jou­bert is die Sun­day Ti­mes se ad­junk­re­dak­teur: po­li­tiek, par­le­ment en me­nings­blaaie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.