Eie­soor­ti­ge hel­din be­koor

Beeld - - Boeke - Fik­sie F­re­drik Back­man

Dis ’n vrees wat net le­sers sal ver­staan. Jy ont­dek ’n nu­we skry­wer. Is gaan­de oor die de­buut van ge­noem­de skry­wer. Dan die vrees wan­neer jy sien daar is ’n twee­de boek. Gaan dit vol­doen aan die hoë hek­kie wat die eer­ste boek ge­stel het? Die ver­lig­ting wan­neer dit wel die ge­val is.

Dan kom daar ’n der­de boek. Is dit dalk die hek­kie wat die skry­wer gaan poot­jie? En dan die ver­de­re ver­lig­ting: Nee, die skry­wer het oor­ge­seil soos ’n O­lim­pie­se at­leet.

Só is dit met F­re­drik Back­man, skry­wer van die top­ver­ko­per A Man Cal­led Ove, die S­weed­se skry­wer se eer­ste boek wat ook in ’n fliek ver­werk is en wat vir ’n Os­car be­noem is. A Man Cal­led Ove is ’n ju­weel, ’n boek wat jy op jou rak sal wil hê.

Toe kom My Grand­mot­her Sends Her Re­gards and A­po­lo­gi­ses, Back­man se twee­de boek. Weer het hy jou in­ge­trek met die a­we­reg­se ka­rak­ters en boek was ’n ge­not om te lees.

Sou die der­de een kon kers vas­hou by die vo­ri­ge twee? Ja, en nog­maals ja.

(Hier moet jy op­hou lees as jy nog nie My Grand­mot­her Sends Her Re­gards and A­po­lo­gi­ses ge­lees het nie aan­ge­sien ’n ka­rak­ter in die boek die hoof­ka­rak­ter in die der­de boek is. Be­hal­we nou as jy een van daar­die men­se is wat dalk die laas­te hoof­stuk van ’n boek lees voor­dat jy die eer­ste een lees.)

B­ritt-Ma­rie Was He­re is B­ritt-Ma­rie, ’n ka­rak­ter in My Grand­mot­her Sends Her Re­gards and A­po­lo­gi­ses se sto­rie. Sy is ’n pyn in die nek. Pun­te­ne­rig tot op die punt van waan­sin. Al­e­wig aan die skoon­maak. ’n Die­nen­de Mar­tha vir haar man Kent, ’n groot­bek man vir wie aard­se be­sit­tings be­lang­rik is.

Maar in B­ritt-Ma­rie Was He­re het din­ge ver­an­der. B­ritt-Ma­rie het Kent ver­laat en sy het vir haar ’n nu­we le­we in Borg be­gin, ’n klein dor­pie in S­we­de waar die e­ko­no­mie­se re­ses­sie hard ge­slaan het. As be­stuur­der van die ge­meen­skap­sen­trum ont­moet B­ritt-Ma­rie ’n groep men­se wat haar aan­vank­lik met ag­ter­dog be­je­ën. Want kom ons wees eer­lik: B­ritt-Ma­rie is nie ’n mak­li­ke mens om te leer ken nie. Daar­voor is sy te vol din­ge. Haar sin vir hu­mor is diep weg­ge­steek en daar is net een ma­nier en dit is haar ma­nier.

Maar ver­an­de­ring kan vreem­de din­ge aan ’n mens doen en kin­ders wat wil sok­ker speel kan selfs ’n vrou wat al­les met koek­so­da wil reg­dok­ter se hart sag maak.

Soos ’n be­ken­de ka­rak­ter in A­fri­kaan­se let­ter­kun­de, wil B­ritt-Ma­rie net van ge­weet wees. Wil sy voel haar 63-jaar op aar­de was nie ’n ver­mor­sing nie. Sy kruip in jou hart en jy weet nou hoe­kom sy is soos sy is.

Il­za Rog­ge­band is ’n vry­skut­joer­na­lis van Melk­bos­strand.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.