Hy wag lank vir re­gis­tra­sie

Beeld - - Tot u Diens -

Ko­bus du P­les­sis was nie ge­luk­kig met die diens wat hy by Hyun­dai, Zam­be­si, ge­kry het nie.

“Ek het ’n bak­kie by Hyun­dai, Zam­be­si, ge­koop en dit aan die ein­de van ver­le­de maand in ont­vangs ge­neem. Dis ’n nu­we voer­tuig; hul­le moes dit in my naam re­gis­treer en nom­mer­pla­te ver­skaf. Dis eg­ter nie da­de­lik ge­doen nie. Ek moes twee keer self per­mit­te aan­skaf en is ook een keer be­boet. Ek het ver­skeie ke­re met die ver­koops­man by Hyun­dai kon­tak ge­maak om die si­tu­a­sie te pro­beer op­los, maar hy het in­tus­sen be­dank en ek is ver­wys na ene Fran­cois. Ek kry ook nie ant­woor­de by hom nie.”

Tot u Diens het Hyun­dai, Zam­be­si, oor Du P­les­sis se klag­te ge­pols. Hul­le sê die be­trok­ke ver­koops­man het wel be­dank en dit het tot die op­ont­houd ge­lei om die saak af te han­del. Hier­voor het hul­le Du P­les­sis om ver­sko­ning ge­vra. Die no­di­ge do­ku­men­ta­sie en die nom­mer­pla­te is aan hom voor­sien. Hyun­dai het ook on­der­neem om die boe­te wat Du P­les­sis ge­noem het, te be­taal.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.