Klag­te van die week

Beeld - - Tot u Diens - Rand Va­lue Fur­ni­tu­re,

T­heo van Zyl was on­ge­luk­kig met die diens wat hy by Al­ber­ton, ge­kry het.

“Ons het ’n sit­ka­mer­stel vir om en by R5 000 by Rand Va­lue Fur­ni­tu­re in Al­ber­ton ge­koop. Ná net vyf dae se ge­bruik het die een sit­plek in­ge­duik en ’n mens kon hoor hoe dit kraak as ’n mens daar­op gaan sit. Dit het selfs ge­beur toe my kin­ders wat min­der as 40 kg weeg daar­op gaan sit het.”

Van Zyl het by Rand Va­lue Fur­ni­tu­re oor die bank gaan kla.

“Hul­le het die bank by ons kom haal en dit met ’n an­der een ver­vang. Bin­ne ’n paar dae het die nu­we bank die­self­de pro­bleem ge­gee. Die bank is nog ’n paar keer ver­vang, maar el­ke keer was dit die­self­de sto­rie. So het dit vir drie maan­de aan­ge­gaan waar die bank uit­ein­de­lik agt keer om­ge­ruil is. El­ke keer was ons om en by twee we­ke son­der ’n bank. Die be­stuur­der was deur­gaans baie vrien­de­lik en be­hulp­saam. Sy het die ver­skaf­fer van die bank ge­bel en my self met hul­le laat praat om die pro­bleem te ver­dui­de­lik. My ar­gu­ment is dat ek be­ter ge­hal­te vir die geld ver­wag as ek soort­ge­ly­ke stel­le vir veel min­der kon ge­koop het. My ver­wag­ting is vir ’n stel soos dié om vir tien jaar of meer te goeie diens te le­wer. Met dit in ge­dag­te sou ek dink ’n mens moet ’n goeie aan­tal maan­de ’n stel kan ge­bruik voor daar e­ni­ge te­kens van sly­ta­sie is. Die ver­skaf­fer het self ’n bank uit hul stoor­plek by my laat af­le­wer. Hier­die bank het twee we­ke ge­hou. Ek is weer te­rug Rand Va­lue Fur­ni­tu­re toe waar die soort stel wat ek aan­ge­skaf het, nie meer be­skik­baar was nie. Die be­stuur­der het steeds pro­beer help en het dit laat her­stel el­ke keer as daar met die hout pro­ble­me was, maar die kus­sings was my pro­bleem. Ek het Rand Va­lue Fur­ni­tu­re ge­vra of ek nie ’n an­der stel op hul vloer vir die­self­de waar­de kan kies nie. Ek is selfs be­reid om ’n in­be­ta­ling op ’n duur­der stel te maak. So­ver het Rand Va­lue Fur­ni­tu­re nie laat weet of een van hier­die op­sies vir hul­le sal werk nie.” Tot u Diens het Rand Va­lue Fur­ni­tu­re ge­vra of hul­le Van Zyl kan help. Hul­le het hom ge­vra om die he­le stel te­rug te bring waar­na ’n te­rug­be­ta­ling aan hom ge­maak sal word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.