Is dit nou ’n goeie tyd om in A­me­ri­ka te be­lê?

Beeld - - Sake - Frans de K­lerk

Be­leg­gers hou nie van on­se­ker­heid nie.

Die wê­reld hoor kort-kort hoe A­me­ri­ka se pres. Do­nald Trump die een ná die an­der per­soon uit ’n pos ver­wy­der. Dit kan sy be­stuur­span se lo­ja­li­teit laat ska­de ly.

Ook hier voel ons dié on­se­ker­heid aan eie bas soos die een na die an­der be­kwa­me staats­amp­te­naar ver­vang word.

Dit het die Suid-A­fri­kaan­se be­leg­gers­pu­bliek se den­ke in so ’n ma­te be­ïn­vloed dat hul­le bang is om te be­lê of nu­we on­der­ne­mings aan te pak. Tal­le kyk na die bui­te­land vir ge­leent­he­de.

As Trump aan­hou on­se­ker­heid skep, kan die A­me­ri­kaan­se be­leg­gers­pu­bliek die­self­de sku­heid ont­wik­kel as wat Suid-A­fri­ka tans be­leef.

Die week­lik­se teg­nie­se gra­fiek het be­trek­king.

’n Sty­gen­de wig (waar­sku­wings­for­ma­sie) is dalk aan die ont­wik­kel. ’n Sty­gen­de wig kan die vroeë voor­lo­per van ’n kor­rek­sie wees, maar dan moet lyn B (in dié ge­val) in ’n be­slis­te weer­stand ver­an­der.

Die Dow Jo­nes be­weeg tans teen die weer­stands­lyn, lyn A (21 650 pun­te), wat al voor­heen ge­dien het as die vlak waar die mark tel­kens wins­ne­ming er­vaar het.

Die 40-we­ke- be­we­gen­de ge­mid­del­de (20 299) is eg­ter ’n steun en hou lang­ter­myn­be­leg­gers steeds ge­luk­kig. Lyn B (20 280) ver­teen­woor­dig die steun wat die in­deks se op­waart­se mo­men­tum on­der­steun.

Die vraag is nou – moet plaas­li­ke be­leg­gers die A­me­ri­kaan­se e­ko­no­mie­se suk­ses na­jaag en geld skuif na A­me­ri­ka

en hul aan­de­le op of na­by aan hoog­te­pun­te koop en/of plaas­lik on­der meer in ’n beurs­ver­han­del­ba­re fonds (bv. DBXUSA) be­lê wat die A­me­ri­kaan­se mark­te na­volg?

Die ding is, van die plaas­li­ke aan­de­le wat al ja­re on­der druk is, is so plat­ge­slaan dat

as ie­mand net iets reg be­gin doen, daar­die aan­de­le al­mal kan ver­baas.

■ S­pe­ku­lan­te: Jaag die mo­men­tum van die Dow Jo­nes-in­deks bo 21 682, maar ge­bruik lyn C (20 974 pun­te) as keer­ver­lies om ka­pi­taal te be­skerm, en/of oor­weeg dit om kort te koop (met an­der woor­de om in­deks te “ver­koop” in die hoop dat jy dit la­ter teen ’n la­er prys kan te­rug­koop) on­der 20 974 maar ge­bruik 21 700 as keer­ver­lies om ka­pi­taal te be­skerm.

Hou in ge­dag­te dat in­dien die sty­gen­de wig na on­der breek, on­der lyn A, kan die in­deks te­rug­trek na 19 265 pun­te as die sty­gen­de wig sy tei­ken na on­der be­reik. ■ Me­di­um­ en lang­ter­myn­be­leg

gers: Wag rus­tig dat die Dow Jo­nes te­rug­trek na lyn B en/of die 40-we­ke- be­we­gen­de ge­mid­del­de. Koop so na as moont­lik aan lyn B en/of die 40-we­ke­be­we­gen­de ge­mid­del­de, maar ge­bruik 19 678 as keer­ver­lies om ka­pi­taal te be­skerm.

■ Frans de K­lerk is ’n on­af­hank­li­ke teg­nie­se ont­le­der: fdk@tel­kom­sa.net, www.frans­de­klerk.com, T­wit­ter­naam: Tra­derFrans

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.